Page 1 of 1

223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 8:51 am
by henried
More

Ek gebruik my 223 vir opleiding, maar in geval van "small frame" kinders, of kinders wat sukkle met recoil, jag ons ook soms met die 223.

Die plaas waar ons jag gee toestemming hiervoor, ons skiet net rooibokke en blesbokke.

Vir die baan gebruik ek, Sierras of Hornady varmint 55gr.

Vir jag het ek altyd Hornady se GMX gebruik, maar het ook Sierra Game King 55gr gebruik, nou gebruik ek Hornady 55gr BTHP.

Ek oorweeg om die volgende te toest vir jag in 2026.
1: AXE 55gr Coper
2: AXE 55gr Bras
3: Sus-Tac 55gr HP/HPT
4: Peregrine Plains master 51/58gr

Sal wardeer as julle 'n opinie kan gee, en dalk wat vir julle werk.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 9:33 am
by Toyrsi
Ek sou bly met wat ek ken.
Is daar n spesifieke rede vir die verandering? Nie tevrede met die werking van die Sierra of Hornady punte.
Sierra is volgens my n baie goeie jag punt.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 9:45 am
by henried
Ek sal graag monolitiese punte wil gebruik, maar daar is manne wat sê die lood punte is meer "forgiving".

Omdat dit eerste keer jagters is, soek ons al die hulp wat ons kan kry.

Die Axe brass breek glo mooi op, maar ek wil nou ook nie iets skiet wat die blad verwoes nie.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 9:58 am
by Capt. Yoda
In n 223 met jong manne wat begin jag sou ek ook by die gewone cup/core koele hou

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 10:01 am
by henried
Dankie julle, wardeer.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 10:01 am
by Ratel
Ek het 'n paar 40gr GS Custom "punte" nog en wil hulle nog op 'n vlakvark probeer. Jy kan dit dalk oorweeg ook. Ek het al varke met PMP loodpunte 55gr geskiet en hulle werk mooi.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 11:05 am
by Koos Barnard
My ondervinding met die .223 en monometaalkoeëls is dat hulle 'n kleiner wondkanaal maak en dat die bokke verder hardloop met lyfskote. Daarom verkies ek sagtepuntkoeëls (lees loodkern) in die .223 as jy lyfskote skiet op enigiets van springbok tot blesbok.
Mooi loop

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 1:29 pm
by henried
Baie dankie, wardeer Koos.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 1:47 pm
by Pvdw
Ek gebruik my 223 ook jaarliks op kleiner wild en skiet Hornady 55gr SPWC. Effe sag, maar as jy mooi van die blad se been af weg bly is skade rerelik min.

Vir die jongspan wat hul 1ste bok skiet sal ek eerder effe meer skade op die vleis vat van 'n bok wat val en hulle gaan met 'n sukses verhaal huistoe.

Re: 223 vir opleiding en jag

Posted: Thu May 29, 2025 2:36 pm
by henried
Baie dankie Pvdw.