Page 1 of 1

Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Fri May 16, 2025 3:21 pm
by Copper
Middag Almal

Kan iemand dalk help met die koste van n Vleisinvoerpermit. Is dit R180 of R220 of iets anders.
Die Webblad is erg onduidelik en niemand antwoord n telefoon nie.

Ek het laas in 2015 die tog Noord aangepak, so is effe onseker oor die kostes.
Die proses bly dieselfde?
Betaal, stuur POP saam met Permitaansoek na VetPermits@daff.gov.za, en betaal Ekstra vir Koerierkoste?

Dankie Byvoorbaat

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Sat May 17, 2025 12:40 pm
by RV
Middag
Dit is nou R240. Ek het Maandag myne gedoen.Maandag oggend 8 uur gemail,11uur was dit goedgekeur.

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Sat May 17, 2025 2:11 pm
by JF123
Wat moet mens doen om vleis oor die grens te kry van Namibiƫ af as mens daar gaan jag?

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Sat May 17, 2025 3:03 pm
by RV
JF123

Jy moet n uitnodigings brief van die boer waar jy gaan jag kry. Dan doen jy aansoek by Departement van lanbou op hul voorgegeskrewe vorm.Heg jou ID, bewys van betaling en uitnodigingsbrief aan.Die permit word uitgereik vir 500kg vleis en 100kg biltong of droewors. Die proses is baie vinnig.Die boer in Namibia kry jou jagpermit vir jou.As jy klaar gejag het kry jy n veearts permit daar. Dit was altyd R50.

As jy deur die grens kom moet jy jou permitte vir hul toon aan beide Namibia en Suid Afrika se kant. Dit klink nou na baie moeite maar is eintlik baie maklik.

Groete

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Sun May 18, 2025 5:47 pm
by Copper
Baie dankie RV!!
Die e-pos steeds VetPermits@.....
Kry jy dit nou elektronies, of moet dit steeds afhehaal word?

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Sun May 18, 2025 6:39 pm
by RV
Copper

Die epos adres is steeds dieselfde.
Jy moet nogsteeds laat afhaal.As jy n lid van SA Jagters is kan hulle dit vir jou afhaal en courier.Hulle vra R250 om dit te doen.

Groete Riaan

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Mon May 19, 2025 8:32 am
by Copper
Thanks Riaan
Waardeer

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Thu May 22, 2025 10:33 am
by tau
RV wrote: Sat May 17, 2025 3:03 pm JF123

Jy moet n uitnodigings brief van die boer waar jy gaan jag kry. Dan doen jy aansoek by Departement van lanbou op hul voorgegeskrewe vorm.Heg jou ID, bewys van betaling en uitnodigingsbrief aan.Die permit word uitgereik vir 500kg vleis en 100kg biltong of droewors. Die proses is baie vinnig.Die boer in Namibia kry jou jagpermit vir jou.As jy klaar gejag het kry jy n veearts permit daar. Dit was altyd R50.

As jy deur die grens kom moet jy jou permitte vir hul toon aan beide Namibia en Suid Afrika se kant. Dit klink nou na baie moeite maar is eintlik baie maklik.

Groete
Alles so, tot na Junie laasjaar. Hulle doen nie meer vleis inspeksies by grens nie.

So die vleis moet reeds by Veeartseny tydens werkure in die week inspeksie geslaag het voor jy by die grens kom.

Wat groot issue laasjaar vir ons want ek is suid van enige veeartseny kantoor aan die grens se kant.

Re: Namibie Jag - Vleisinvoerpermit

Posted: Thu May 22, 2025 10:54 am
by RV
Jy is reg oor die vleis wat deur Veeartseny inspekteur moet word.Dink dit was al 2 jaar terug ook so.Dit is die R50 permit wat ek na verwys het.Ek kry myne altyd op Keetmanshoop.

Groete