Page 1 of 1
Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 12:54 pm
by Breinie
Ek vra raad asb.
Ek het 243 Howa Mod 1500. Gekoop in 2016. Bull barrel stainless steel.
Wat is my barrel lenght en twist rate?
Andersins, hoe meet ek my barrel lenght? Tussen watse 2 punte meet ek?
Groete
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 1:06 pm
by Toyrsi
Die Howa 243 Bull Barrel is 24" met n 10 twist
As jy wil meet vat n skoonmaak stok en druk van kant van loop teen die gespande slot se boltface vas en maak n merk op stok teen die kroon. Meet dan die afstand.
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 1:29 pm
by Capt. Yoda
Soos Jacques se dit gaan n 1/10twist wees maar as jy self die twist wil meet
https://www.youtube.com/watch?v=cdoCNZBlRGQ
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 2:30 pm
by Breinie
Baie dankie. Ek het hom laat Ackkey daai tyd al. Skiet 87gr Vmax teen so 3170fps. Wat dink julle van swaarder punt soos 105gr met bogenoemde loop?
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 2:44 pm
by Toyrsi
Die 10 twist is te stadig vir 105gn punte alhoewel ek weet manne het partykeer die 105 AMAX geskiet gekry.
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 4:53 pm
by tripodmvr
Selfs bootstert 100gr koeëls uit my 1 tot 10 Musgrave groep nie watwonders nie. Net te lank. Platgat 100gr is ook nie een gat wonders nie, maar sal deug vir jag.
Re: Barrel length en twist rate?
Posted: Mon May 12, 2025 5:21 pm
by Capt. Yoda
Breinie wrote: Mon May 12, 2025 2:30 pm
Baie dankie. Ek het hom laat Ackkey daai tyd al. Skiet 87gr Vmax teen so 3170fps. Wat dink julle van swaarder punt soos 105gr met bogenoemde loop?
As jy baie hoog bo seevlak is sal iets soos n 105gr amax werk maar jy gaan nie reg kom met n 105gr Bergers of Sierras nie. Probeer dalk eder 95gr classic hunter
Al stabilseer n koel in die 105gr klas in jou 1/10 twist mooi op 100 of 200m is die squize nie altyd die sous werd nie want jy verloor baie “BC”