Page 1 of 1

Lig vs swaar

Posted: Thu Mar 01, 2012 12:51 pm
by Frikkie die Rot
Middag manne,

Ek is in die mark vir 'n nuwe geweer en het lus vir 'n 308 (Goedkoop om mee te skiet en te laai asook min probleme met akuraatheid??). Ek het reeds 'n 22-250 en 300WM beide die geweere is varminters (Remington 700 VSSFii in 22-250 en Tikka T3 varmint SS in 300WM)

Die vraag waaroor ek nou sit en top is of ek nou weer 'n swaar geweer moet koop of vir iets lig gaan? Ek kyk na die Howa SS varmint in die 'heavy weight' klas en die steyr scout in die 'veer gewig' klas. Ek weet hul verskil soos dag en nag in prys sowel as aanwending maar is mal oor beide van hierdie gewere.

Wat sou julle aanbeveel?

Groetnis,
Frikkie

Re: Lig vs swaar

Posted: Thu Mar 01, 2012 1:47 pm
by WillemS
Frikkie

As jy 'n koedoe wil gaan soek te voet in 'n lekker bergagtige deel gaan 'n varmint profiel baie swaar raak! As ek jy is sou ek n ligter geweer kry vir die kere wanneer hy ver gedra moet word!

Willem

Re: Lig vs swaar

Posted: Fri Mar 02, 2012 8:06 am
by James Wilson
frikkie, die vraag is seker maar wat sal jou aanwending wees?

Re: Lig vs swaar

Posted: Fri Mar 02, 2012 10:30 am
by Frikkie die Rot
James,

Dit is maar redelik gemeng. Van voorsit jagte, stap en jag, baanskiet ens. En natuurlk die hardnekkige gejeuk in 'n man se bas om 'n nuwe geweer te koop. :)

Dit is hoekom die keuse so moeilik is.

Re: Lig vs swaar

Posted: Fri Mar 02, 2012 6:00 pm
by Francois Marais
James
die vraag is seker maar wat sal jou aanwending wees?
;) ;) ;)

Mooi loop
Francois

Re: Lig vs swaar

Posted: Fri Mar 02, 2012 6:11 pm
by blaser
Ek glo n geweer kan my eerderĀ  dood skop as wat ek my dood dra aan n geweer

Re: Lig vs swaar

Posted: Sat Mar 03, 2012 5:36 am
by Jakkalsgat
Frikkie de rot

Ek dink jy is redelik reg om van duiker tot kameelperd te skiet wat ek dink is, koop vir jouself 'n staalborsel R 29 - 95 by Senwes want jy het dele wat jeuk en gekrap moet. : ;D ;D ;D

Groete
Jaco

Re: Lig vs swaar

Posted: Sun Mar 04, 2012 8:22 pm
by Rinkhals
Rot,

Waarna jy soek is 'n hekoopmakertjie om jou 300 en polonies te dra!