Page 1 of 1
Gebruik van twee rigting radios
Posted: Fri Apr 25, 2025 9:03 am
by Ratel
Hoeveel boere in julle omgewing gebruik nog mid band (burgerband) radios? Ons gebruik dit wel nog op die plaas en dan meestal die geslote kanaal. Ek het egter gewonder hieroor want ons het n whatsapp groep vir plaasaanvalle waar mense selfs vanuit die dorp reageer om ons boere by te staan. Ek hoor egter bitter min op die oop kanale boere praat. Ek weet die gebruik was om elke aand n sekere tyd in te roep en aan te dui alles is in orde. Dit lyk my die gebruik is ook meestal gestop. Ek weet kanaal 2 was n oop kanaal regoor die land vir boere meestal. Ek luister om te hoor of die radios nog gebruik word.
Re: Gebruik van twee rigting radios
Posted: Sat Apr 26, 2025 5:59 am
by Apie
Word meer gebruik in Lichtenburg/Koster omgewing gedurende brand seisoen. Maar definitief nie soos in die verlede nie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebruik van twee rigting radios
Posted: Sat Apr 26, 2025 7:42 am
by vergund
Hier by ons in die Overberg het midband n stadige dood gesterf. Hier is nou n mengel moes! UHF, VHF ,VHF digitaal.
Gebruik nou Agri Wes Kaap se simplex Kanaal in geval van brande ens...
Re: Gebruik van twee rigting radios
Posted: Sat Apr 26, 2025 9:09 am
by Vleisie
Hier in ons omgewing gebruik ons nog baie ons midband radios. Heelwat repeaters om die distrik te dek weens die bergagtige terrein, meeste het privaat kanale vir persoonlike gebruik.
Het n ruk terug in n nood situasie weer gesien hoe handig dit is in vergelyking met selfone, veral teen die grens van Lesotho waar ons opvangs bitter swak is.
Re: Gebruik van twee rigting radios
Posted: Sun Apr 27, 2025 6:47 am
by Apie
Die spoed van radio vs Whatsapp is ook massief
Ek hou oor die algemeen baie van radio maar verstaan ook dat Whatsapp sy ding doen
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Gebruik van twee rigting radios
Posted: Sun Apr 27, 2025 7:14 am
by Ratel
Dankie vir die insette. Op die hoƫveld en platter areas dink ek tog daar is nog n doel vir midband radios selfs al is daar nie repeaters nie