Page 1 of 1

6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 8:52 am
by Arnold
Dit sal nou interessant wees om die opinies hier te hoor. Wat sou jy maak met 'n "ekstra" Rem700 kortaksie?

My idee is soos volg: 'n 26" 6BR of 'n 20" 6 SLR?

Met 'n 109gr Berger behoort altwee hierdie konfigurasies so 2830 fps te gee, so daar is nie 'n verskil nie.
Die 6BR se loop gaan so 60% langer hou omdat hy amper 10gr dryfmiddel minder brand.

Ballisties, aan weerskante van hierdie het ek dievolgende: 223Rem met 80gr SMK @ 3010fps en 'n 6 Creed met 'n 109gr @ 3200 fps.
Persoonlik verkies ek die korter 20" loop en potensieel minder voer probleme van die SLR alhoewel dit meer werk by die herlaaiwerk (dopvoorbereiding) gaan vereis.

Die aanwending gaan soos volg wees: nog 'n nice geweer in my kluis wat ek af en toe plaas toe vat vir sports en 'n ongedierte hier en daar.
Vir konteks, ek is bevoorreg om reeds 'n .22, 223, 6Creed, 260AI, 6.5-284, 7mm SS, 30-06, 300WM en 300 PRC te he.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 8:55 am
by Geno
Tussen 'n 26" 6BR of 'n 20" 6 SLR vat ek elke dag die BR
Doppe van die rak af, geen snaakse forming nie, langer loopleeftyd, minder recoil, inherente akkuraatheid ens. sal my laat verby die ekstra 4" looplengte kyk. Dis 'n no brainer in my opinie.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 8:59 am
by Witpietskiet
243, met n 12 twist loop, 70gr punte, 3500 -3600fps, lekker sports en ongedierte se baas. >:D

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 9:35 am
by Capt. Yoda
25BR...

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 10:02 am
by WillemS
Arnold

Die Remington aksie en magasyn is baie "kort", gaan hy die SLR met die 109gr kan akkommodeer as jy hom lank seat?

Willem

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 10:54 am
by Wouter Roets
Arnold

Wat van die 6mm Dasher?

Groetnis
Wouter

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 10:59 am
by Toyrsi
WillemS wrote: Wed Apr 16, 2025 10:02 am Arnold

Die Remington aksie en magasyn is baie "kort", gaan hy die SLR met die 109gr kan akkommodeer as jy hom lank seat?

Willem
Remington aksie sal werk. Ek het n 243 Ack met 108 in myne.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 11:01 am
by Toyrsi
BR is n baie lekker kaliber. As jy wil kan jy kyk na BRA ook.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Wed Apr 16, 2025 12:03 pm
by HunterB
Ek het die 6mm BRA, so biki anders wees. En ek is baie tevrede. 28” en regte kruit kry n 108gr so 2975fps. Dodelik met min kruit

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 7:51 am
by Wouter Roets
Wouter Roets wrote: Wed Apr 16, 2025 10:54 am Arnold

Wat van die 6mm Dasher?

Groetnis
Wouter
Arnold die rede vir die voorstel is dat jy heel moontlik met n 24 duim loop sal kan wegkom vir daai spoed. Beste van daai twee werelde.

Groetnis
Wout

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 12:27 pm
by Arnold
Dankie ouens, ek hou van die 6BR idee en het op 'n stadium doppe en dies gehad aangesien dit die plan was. Daai is toe weer als verkoop. Die loop lengte pla my steeds aangesien ek hierdie geweer seer met 'n silencer op gaan skiet.

Die situasie nou is dat ek 243 doppe en 6SLR dies het en hierdie gaan sonder probleem uit 'n gewone AICS magesyn laai. Dit maak die SLR 'n goedkoper opsie aangesien ek reeds hierdie het.

Aangaande die Dasher - as ek na die Dasher roete en kostes kyk sal ek dalk eerder vir die 6 GT gaan. Effe meer dryfmiddel maar steeds sowat 30% meer loopleeftyd as die SLR en ek kan gewone AICS magesyne gebruik. Met hom kan ek dieselfde spoed uit 'n 22" loop kry. So hierdie sou in my opinie die middeweg wees ... dalk nie 'n slegte opsie nie 8)

As daar ander idees is, of opinies oor my denkwyse is, laat weet asb. en gesels saam. Ek is net bly Geno het nie 'n 243 Win voorgestel nie 8)

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 1:56 pm
by Capt. Yoda
As jy daai slr met N165 of 160 sou skiet gaan jy baie verbaas wees oor loop leeftyd maar ek dink jou loop kan dalk bq kort wees vir daai 2 kruite

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 2:08 pm
by Arnold
Capt. Yoda wrote: Thu Apr 17, 2025 1:56 pm As jy daai slr met N165 of 160 sou skiet gaan jy baie verbaas wees oor loop leeftyd maar ek dink jou loop kan dalk bq kort wees vir daai 2 kruite
Baie interessant wys die rekenaar dat S365 beter looplewe gee as N160. N165 is net te stadig vir die kombinasie lyk dit vir my.

Wat ek wel verstaan van die BR en Dasher, soos Geno ook uitgewys het, is dit hulle baie makliker voor laai as al die ander 6mm opsies.

Ek het genoem oor die loop leeftyd, maar die geweer gaan moontlik nie so baie geskiet word nie so loop leeftyd is nie so groot pyn nie.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 2:41 pm
by Andre308
As iemand wat nou net 100 nuwe doppe geprep het vir n 6 SLR, is ek baie lus om Dasher toe te gaan, maar nuwe doppe vorm en sny is darm net voor die eerste skoot n probleem, daarna skiet ons lekker tot ons weer doppe nodig het.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Thu Apr 17, 2025 10:51 pm
by WicusdP
Ek weet dit is nie 6mm nie….maar wat van 22 BR/BRA/Dasher met 75 of 80gr uit 24” loop?

Nie presies seker watter spoed hy gaan gee nie….maar behoort platter te skiet vir onbekende afstande op ongediertes, steeds mooi BR doppie met min kruit, en loop korter as 26”.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Fri Apr 18, 2025 12:57 pm
by Lamtjop
6mm creed met stadige twist vir 58-70gr .

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Mon Apr 21, 2025 12:31 pm
by Hansieslim
Hierdie is 'n lekker probleem om te hê. Ek sit met dieselfde vraag, so ek luister graag.

As ek
-beskikbaarheid van Lapua doppe
-bewese kaliber
-beskikbaarheid van LE Wilson matryse
-looplewe
-my onkunde oor fireforming
met mekaar vergelyk, eindig ek ook by 'n plain BR.

As ek dan nog hoor dat nie alle ervare ghongskietskuts deesdae nie meer 3000fps met 'n 105gr te jaag nie, dan eindig ek weer by 6BR?

In Pieter Malan se video waar hy 6GT en 6Dasher vergelyk, sê hy op die einde sy keuse is nie een vd twee nie, maar eerder net n 6BR @ 2750fps.

Ekt ook al geloer na die 6GT omdat ek nog op die 3000fps/105gr roete is/was en omdat geen fireforming nodig is nie. Verbeel ek my of is 6GT dalk al beskikbaar as n rakgeweer? Dit kan my eie besluit dalk nog beïnvloed.

My opinie tans is dat daar nog min goeie inligting oor 6GT is en dat dit dalk nog nie 'n bewese kaliber soos 6BR is nie. Hy is dalk magic, maar ek weet dit nog nie. Doppe van GA Precision (GAP) wat deur Alpha gemaak word is wel beskikbaar ... teen 'n stywe prys. LE Wilson maak sy volle reeks matryse al. Die BR kan hom dalk wen op langer looplewe. Dalk kom GT tot sy reg in .224...

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Mon Apr 21, 2025 12:55 pm
by Geno
Arnold wrote: Thu Apr 17, 2025 12:27 pm Ek is net bly Geno het nie 'n 243 Win voorgestel nie 8)
Ek wil vir eers nog alleen lekker kry ;)

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Mon Apr 21, 2025 4:24 pm
by Arnold
Met my 223 skiet ek 'n 80gr SMK teen 3010fps ...

Ek dink die 6BR gaan kleiner groepe skiet en beter ES en SD syfers kry as met die 223.
Die 6BR behoort 2750fps met 'n 109gr Berger te kry uit 'n 22" loop.
Die 109gr gaan ook effe minder windskuif hê as die 80gr alhoewel hy meer gaan val.

Lapua het 6BR, 6 Dasher en 6 GT doppe op hulle lys so ons sal die Dasher en GT doppe eendag sien. As Lapua GT doppe maak dink ek nie hierdie kaliber gaan verby vlieg nie en moontlik 'n groter gevolg kry.

Re: 6mm cartridge selection

Posted: Mon May 05, 2025 7:54 am
by 6.5/284Norma
Ek het die 6 mm GT

Baie akkuraat en het niks van die magasyn voer probleme soos die korter patrone, BR en Dasher klas, nie.