Page 1 of 1

Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 2:05 pm
by Pvdw
Dag manne.

My seun is vir 2 jaar in Nederland. Hulle het reeds uitgevind van die verskillende inspuitings en toetse wat nodig is om hul brak oor te vat.

Wat hulle nie kan uit figure nie is of die hond alleen kan vlieg of moet iemand die vlug mee maak?

Ons wil kyk of hulle alles kan reël en regkry en dan doen ons alles op O.R. die kant.

Ons verneem dat dit egter 'n direkte vlug moet wees maar dis maklik met KLM.

Wie het al so iets gedoen?

Watse tips of inligting het julle vir ons?

Peet

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 2:13 pm
by Stephan86
As ek een punt mag lig, hul moet ook net mooi kyk wat is RSA se reëls met die terugbring van die woef. Soos ek verstaan is ons baie streng en is dit bitter moeilik om 'n hond in te voer na RSA.

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 2:43 pm
by Zuku
My een vriend het 2 groot honde China toe gestuur. Vir omtrent 3 weke voor die tyd by veearts onder kwarantyn geplaas. Baie baie dokumentasie in plek gekry. Honde het alleen gevlieg en nog so n maand anderkant in kwarantyn gebly. Sy kwotasie was so R 44 000 per hond maar hy moes nog iewers ekstra spandeer op onvoorsienigheid.

Stel voor jy kontak n veerarts wat dit al gedoen en weet hoe, en dan n lugredery wat diere kan vervoer en die nodige invoer permitte en maak seker van al jou pros,cons, cost and hidden costs voordat jy al jou gewere moet verkoop om brak se vliegtuig kaartjie te moet betaal.

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 4:00 pm
by tau
Jacko kom in. Hy het sy hond na die VSA gevat.

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 4:09 pm
by Capt. Yoda
Zuku wrote: Thu Apr 10, 2025 2:43 pm My een vriend het 2 groot honde China toe gestuur. Vir omtrent 3 weke voor die tyd by veearts onder kwarantyn geplaas. Baie baie dokumentasie in plek gekry. Honde het alleen gevlieg en nog so n maand anderkant in kwarantyn gebly. Sy kwotasie was so R 44 000 per hond maar hy moes nog iewers ekstra spandeer op onvoorsienigheid.

Stel voor jy kontak n veerarts wat dit al gedoen en weet hoe, en dan n lugredery wat diere kan vervoer en die nodige invoer permitte en maak seker van al jou pros,cons, cost and hidden costs voordat jy al jou gewere moet verkoop om brak se vliegtuig kaartjie te moet betaal.
My suster hul hond einde laas jaar oorsee gevat en hy loop soos Zuku hier verduidelik

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 6:54 pm
by OosKaapJagter
My bure oorkant die pad het so jaar gelede 'n Corgi na hulle seun daar by die Aussies gestuur. Hulle het basies die hond daar by OR Tambo gaan aflaai en die hond het sonder begeleiding gevlieg.

Google "Taking dog to Europe from South Africa". Daar is verskeie instansies wat help met die hele proses en hulle gee 'n kwotasie vir die diens.

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 8:12 pm
by Pvdw
Dankie vir al die insette. Ek gaan alles so aan hom oordra.

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Thu Apr 10, 2025 11:45 pm
by Hannes H
Ons het Global Paws (agentskap) gebruik om ons hond saam te bring van die VSA. Hulle is in Somerset Wes en spesialiseer in die soort ding.

https://globalpaws.co.za/

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Fri Apr 11, 2025 8:10 am
by Geno
Zuku wrote: Thu Apr 10, 2025 2:43 pm 2 groot honde China toe gestuur
Zuku wrote: Thu Apr 10, 2025 2:43 pm Sy kwotasie was so R 44 000 per hond maar hy moes nog iewers ekstra spandeer op onvoorsienigheid.

Rand per kilo is dit darm maar moer duur vleis :laugh:

Re: Hoe vat mens 'n hond oorsee?

Posted: Fri Apr 11, 2025 6:26 pm
by Zuku
Geno wrote: Fri Apr 11, 2025 8:10 am Rand per kilo is dit darm maar moer duur vleis :laugh:
Tussen ons gesê is daai honde seker al n lekker duur "stew" iewers in 'n top Hong Kong restaurant