Page 1 of 1

Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 7:55 am
by henried
Ek moet in Mei 'n jagter by OR Tambo lughawe oplaai en dan ry ons plaas toe.
Is daar parkeering waar ek met 'n trailer kan stop terwyl ek in gaan om hom te kry?
Hy is in 'n rystoel, maar ek het nie permit om op disabled parking te stop nie.

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:01 am
by tripodmvr
As hy jou per foon kan laat weet kan jy dit so sinkroniseer dat jy na die op/aflaai area ry en hom daar kry. Dit nou gesê dat hy met hulp daar kan kom. Is daar nie 'n vraag en antwoord diens by Acsa nie?

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:03 am
by henried
Hy vlieg vroeg in, so ons wil eintlik eet voor ons die pad Zeerust toe vat.
Dis half selg om die ou nie te onvang nie, so ek wil graag daar wes as hy uit kom.

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:23 am
by tripodmvr
My geheue rondom die parkerings is sleg, maar dit kan wees dat jy op twee kan parkeer wat rug teen rug is.

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:27 am
by tripodmvr

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:34 am
by junglejulian
Solank die waentjie nie Hoër as n Prado tipe voertuig is en langer as 2.4m is nie sal hy gemaklik pas.ek het al kliente gaan haal met n bussie en waentjie.dit is so bietjie moeilik in die spits tye om te parkeer maar doenbaar.

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 10:50 am
by Capt. Yoda
Soos Julian se daar is hordes bussies met waentjies wat daar stop

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 3:49 pm
by henried
Baie dankie julle.
Ek was bang dat die Fortuner en waentjie nie sal pas by die onderdak parkeeing nie.

Iemand het genoem mens moet buit stop, by die parkeering.

Re: Parkeering vir voertuig met trailer by OR lughawe

Posted: Thu Apr 10, 2025 6:15 pm
by tripodmvr
Die oop parkering sal goedkoper wees, maar dan kan jy die persoon in die rystoel liefs by die oplaaipunte kry na jul ete. Sal sy reis verkort.