Page 1 of 1
Montering van 'n diervel.
Posted: Mon Mar 03, 2025 12:15 pm
by Stukkies
Goeie dag Manne.
Gee asb raad, ek het 'n baie mooi Blou Wildebees vel wat ek teen my kantoor muur will opsit. Maar is nie seker wat of hoe gemaak nie? Het iemand dalk al voorheen so its gedoen? Moet ek hom op 'n raam monteer en dan op die muur sit? Ek luister gerus na julle raad.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Mon Mar 03, 2025 12:49 pm
by Capt. Yoda
Het hy "backing" op agter die vel?
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Mon Mar 03, 2025 2:10 pm
by KaKaTo
Man ek weet nie as ek die mees "elgantste" metode gebruik het nie maar ek het sommer n Zebra vel met spykers teen die muur vas geslaan.
Dit hang nou al 3 jaar sonder enige probleme.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 3:46 pm
by Stukkies
Capt. Yoda wrote: Mon Mar 03, 2025 12:49 pm
Het hy "backing" op agter die vel?
Nee die vel is net sag gemaak sonder enige backing.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 3:50 pm
by Capt. Yoda
Soos KaKa se slat hom met n kort spyker met n lekker groot kop vas. Ek het al gesien waar manne hulle somer met n glue gun en daai stafies warm gom vas plak
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 4:20 pm
by Forester
Jy kan ook D-loops met materiaal strips vas plak aan die agterkant, dan hoef jy nie gate in die vel te maak nie.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 4:26 pm
by Capt. Yoda
Forester wrote: Tue Mar 04, 2025 4:20 pm
Jy kan ook D-loops met materiaal strips vas plak aan die agterkant, dan hoef jy nie gate in die vel te maak nie.
Ja daais n slim plan. Ekt gedink as hy velt/mat agter op het kan hy die ringe in die velt sit en dan vas sit
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 4:28 pm
by Forester
Capt. Yoda wrote: Tue Mar 04, 2025 4:26 pm
Forester wrote: Tue Mar 04, 2025 4:20 pm
Jy kan ook D-loops met materiaal strips vas plak aan die agterkant, dan hoef jy nie gate in die vel te maak nie.
Ja daais n slim plan. Ekt gedink as hy velt/mat agter op het kan hy die ringe in die velt sit en dan vas sit
Dis wat Splitting Image doen. Hulle sit die D-loops met strips onder 'n felt backing vas.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Tue Mar 04, 2025 4:31 pm
by Stukkies
Baie dankie, ek sal bietjie rond kyk vir D-Loops, sal seke by tent plekke van dit kan kry.
Re: Montering van 'n diervel.
Posted: Wed Mar 05, 2025 7:38 am
by Toxxyc
Ek sal hom nie direk aan die muur vasslaan nie. Ek sou 'n houtraam gebou het waarop hy gemonteer is. Raam hoef nie sigbaar te wees nie, maar vir afhaal of skuif of skoonmaak gaan dit baie makliker wees in die pad af. Ek sou ook 'n koper of geelkoper spyker gebruik het, nie staal nie.