Page 1 of 1

.338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Sat Feb 08, 2025 7:30 am
by Lapua
Ek het n paar jaar lank met die 285gr Hornady HPBT gejag en toe oor gegaan na die 250gr Scenars toe ek nie meer die Hornady's kon kry nie. Daar gebeur toe nou n baie snaakse ding met my, ek skiet n Blesbok wat plankdwars staan mooi agter die blad, hy vlieg weg en hardloop n paar honders meter voor hy gaan lê. Toe ons hom laai sie ons die uitgangs wond is net voor die oorkantste boud. Die Scenar het n skerp draai na links gemaak binne die bok. Die tweede Blesbok skiet ek mooi tussen sy oog en oor en ek sien deur die scope iets die lug in vlieg toe die koëel die bok tref. By die Blesbok aangekom sien ons sy horing aan die kant wat hy getref is,is reg teen sy kop af en daar is nie n uitgangs wond in sy kop nie. Behalwe vir die ingangs wond en weg horing was daar geen ander opmerkbare skade aan sy kop nie. Dit laat my toe onmiddelik dink aan die post van die swak penetrasie met Scenars op selfs Springbokke.
Nou wat nou, watter fabrikaat en gewig stel julle manne voor moet ek laai?

Ek luister graag na julle voorstelle.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Sat Feb 08, 2025 12:37 pm
by Capt. Yoda
250gr Elite Hunter van Berger

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Sat Feb 08, 2025 2:34 pm
by Ds J
Kriek Bullets?

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 9:03 am
by Drenalinjunkie
Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 10:00 am
by Lategan1
Drenalinjunkie wrote: Mon Feb 10, 2025 9:03 am Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.
Tipiese afstande?

Beste.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 11:39 am
by Drenalinjunkie
Lategan1 wrote: Mon Feb 10, 2025 10:00 am
Drenalinjunkie wrote: Mon Feb 10, 2025 9:03 am Hornady 285gr ELD-M, ek het al baie koedoes, elande, zebras, wildebeeste ens met dit geskiet.
Tipiese afstande?

Beste.
Vanaf 200-800m

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 12:20 pm
by Lapua
Hi Drenalinjunkie,

Mag ek vra, hoekom die ELD-M en nie die ELD-X nie? Die Bergers wat Capt. voorgestel het is hoendertande en ek gaan weg bly van Monometaal af om moontlikke expansion probleme uit te skakel.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 12:24 pm
by Drenalinjunkie
Ek het hulle destyds ook gebruik vir kompetisie skiet en dit was vir my n mors van tyd om ladings op albei te doen. Die 285gr is n moerse stuk lood en skiet alles dood. Nooit enige iets met hulle gekwes nie.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 1:28 pm
by Supacow
My redenasie ook maar daai selfde moerse stuk lood maak moeilikheid as hy uit n blou boks kom.

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Mon Feb 10, 2025 3:14 pm
by Drenalinjunkie
Supacow wrote: Mon Feb 10, 2025 1:28 pm My redenasie ook maar daai selfde moerse stuk lood maak moeilikheid as hy uit n blou boks kom.
Die ELD-M’s maak mooi oop en pencil nie…

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Tue Feb 11, 2025 7:52 am
by Capt. Yoda
ELD-M's is n bul van n jag koel

Re: .338 LM punt keuse voorstelle

Posted: Tue Feb 11, 2025 8:25 am
by Lapua
Dankie julle,

Ek sal dan die ELD-M probeer.