Page 1 of 1
3D printing
Posted: Mon Jan 06, 2025 7:56 am
by 6.5/284Norma
Hallo almal,
Ek bid dat almal 'n great 2025 sal beleef!
Net 'n vraag: Kan 'n 3D printer 'n slagpen vir 'n geweerslot print of is so iets nie moontlik nie?
Dankie.
Re: 3D printing
Posted: Mon Jan 06, 2025 8:35 am
by Ds J
'n Goeie metaaldrukker behoort dit te kan doen, maar jy sal waarskynlik n klein bietjie moet afwerk om hom blinkglad te kry.
Ek weet nie oor die prys nie - toe ek laas uitgevind het (twee jaar gelede?) was die tekenwerk en die "ink" (metaalpoeier) duurder as om parte uit die VSA te bestel, en duurder as tradisionele metodes.
Watter model geweer is ter sprake?
Re: 3D printing
Posted: Mon Jan 06, 2025 4:38 pm
by Geno
Vir watse aksie? Stuur my sommer 'n Whatsapp. Dalk, net dalk kan ek help.
Re: 3D printing
Posted: Tue Jan 07, 2025 12:30 pm
by rustiek
Ek dink nie die algemene drukkers sal sonder moeite n sterk genoeg filament kan hanteer vir n slagpen nie. Dan is daar ook die afwerking en rigting waarin die drukker die filament neerlê wat die funksie en sterkte kan beïnvloed.
Sent from my SM-A336E using Tapatalk
Re: 3D printing
Posted: Tue Jan 07, 2025 9:29 pm
by Ds J
Die metaaldrukkers kan baie goeie messe druk - beter as gerolde staal - en dit word byna op mikrovlak gedoen. Hulle druk iets soos 0.1mm op n slag. Daarom twyfel ek nie oor hulle vermoë om 'n slagpen te druk nie. Êrens kos die proses baie geld, maar ek weet nie presies hoekom nie. Die tekenwerk vir n rekenaarprogram is 'n deel daarvan.
Re: 3D printing
Posted: Tue Jan 07, 2025 10:03 pm
by WernerG
Dalk n dom vraag, is dit nie makliker om een op n draaibank te draai nie?
Sent from my SM-G991U1 using Tapatalk
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 11:20 am
by 6.5/284Norma
Dankie vir die terugvoer almal.
Ek het 'n Anshutz 1422 in 22LR.
Die agtersten pen van die slagpen het afgebreek so nou is daar geen aanduiding as die geweer oorgehaal is nie.
Anshutz Duitsland reken hulle vervaardig nie meer die slagpenne nie en ek kry nie 'n spaar een enige plek.
Ek weet nie of dit op 'n draaibank gedoen kan word nie, sal seker 'n CNC masjien nodig kry vir dit.
Hier is fotos hoe dit lyk.
Anshutz.jpg
Anshutz1.jpg
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 12:55 pm
by Smith223
Waar is jy geleë. Ons help graag in Pretoria omgewing.
Groete
Ryno
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 3:09 pm
by Coisman
Smith223 wrote:Waar is jy geleë. Ons help graag in Pretoria omgewing.
Groete
Ryno
Indien jy ‘n sample nodig het. Ek het ook ‘n Anschutz 1422 en is in Pretoria gelee.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 3:55 pm
by Ds J
Wat is al gedoen/probeer? Dit lyk of iemand hom met gas of soldeersel bygekom het?
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 6:39 pm
by 6.5/284Norma
Dankie almal.
Ek is in Pietermaritzburg KZN Ryno.
Dankie Coisman, sal hoor wat reken Ryno.
Ja Ds J, 'n vriend het dit teruggesweis maar het nie gehou nie.
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 09, 2025 7:00 pm
by Ds J
Soek asb vir "Numrich"? Hulle is in die VSA en hou hope ou parte aan. Ek het nie toegang tot hulle webwerf nie, maat kon vroeër ten minste partnommers daar soek.
Re: 3D printing
Posted: Fri Jan 10, 2025 5:57 am
by Ds J
Antwoord van 'n ingenieur:
Gom die stukke aanmekaar en laat dit 3d scan.. of kyk op 3dfindit of grabcad vir modelle
Re: 3D printing
Posted: Fri Jan 10, 2025 7:37 am
by 6.5/284Norma
Baie dankie almal!
Re: 3D printing
Posted: Sun Jan 12, 2025 9:49 pm
by Cobus(Cobb)
Probeer biki die ou....
Blunderbuss Gun and Sport
0118670370
Cheers
Re: 3D printing
Posted: Thu Jan 16, 2025 9:22 pm
by Francoisv
Jy kan met Ludi Starke ook kontak maak, hy mag dalk 'n spaar hê.