Page 1 of 1
308 SRP vs LRP
Posted: Fri Jan 03, 2025 8:13 am
by Wielie Waps
More almal
Ek het 'n klompie 308 doppe gekry wat small rifle primer is.
My ladings is tans op LRP gebaseer.
Ek het genoeg S&B small rifle primers om my 'n hele ruk te hou.
Vraag is: Sal die SRP wesenlike verskil maak en hoe maak ek dit reg.
Re: 308 SRP vs LRP
Posted: Fri Jan 03, 2025 10:37 am
by Capt. Yoda
Daar behoort nie n vreeslike verskil te wees nie, grootste verskil gaan moontlik jou nuwe doppe wees. Drop jou lading so 1gr en kyk wat is jou spoed, van daar aan kan jy jou lading aan pas om weer te kom waar jy was
Re: 308 SRP vs LRP
Posted: Sat Jan 04, 2025 6:27 pm
by Fanta300
Middag WW.
Lyk my ons het by dieselfde ou gekoop. Wou nou net dieselfde vraag vra. Verskil is net ek sal nou vinnig moet SRP opspoor.
Re: 308 SRP vs LRP
Posted: Sat Jan 04, 2025 8:55 pm
by Wielie Waps
Hallo Fantie
Ek het darem primers.
Sal Cappie se raad volg.
Ek lees iewers die yanks sukkel met SRP in koue toestande.
Wonder of die Vrystaat se vriespunte dit sal beinvloed.
Re: 308 SRP vs LRP
Posted: Sat Jan 04, 2025 9:50 pm
by Fanta300
Sien daar is darem primers te koop.
Sal ook ‘n dunner decapping moet kry/maak!