Page 1 of 1
303 British ULR
Posted: Sun Dec 29, 2024 4:25 pm
by Gideon@1
Dag sê,
Nothing is new, they are just reinvented.
Geskiedenis van die .303
https://en.m.wikipedia.org/wiki/.303_British
Nou die mooi storie….
https://youtube.com/watch?v=90HqQ9k9YgA ... tYniy9pa1x
Groetnis
Re: 303 British ULR
Posted: Mon Dec 30, 2024 4:52 pm
by Giepie
Interessant. Jammer hy wys nie nie meer van die geweer en ammo nie. Dit lyk soos 'n aangepasde Howa 1500. Is dit nog "standaard" rimmed 303Brit, of is net die koeëls .311?
Re: 303 British ULR
Posted: Mon Dec 30, 2024 5:26 pm
by tripodmvr
Besonderhede van vuurwapen en ammunisie wat onder aan die video gegee is.
Rifle details
HOWA 1500 long action
26" 1:10 twist heavy profile Swan barrel Chambered in .303 British
Swan Barrels also did all chambering and finishing of this barrel
ORYX chassis
ZERO TECH Trace Advance FFP MRAD scope
URL 60moa scope rail
ORYX Chassis
4AW Multi fit bag rider
4AW 3 port Muzzle Brake
4AW Bipod system with Component D (medium)
Ammo
174grn SMK bullets, BR, 2208 powder, Fed LR Primers / 2740fps/ COL 78.69mm
Re: 303 British ULR
Posted: Mon Dec 30, 2024 5:57 pm
by Giepie
Oops, onkunde oor daardie deel van Youtube.
So met beter wapen kan tot 'n 303 akkuraat wees.
Re: 303 British ULR
Posted: Wed Jan 01, 2025 10:00 pm
by Ferdi Bam
Naand Almal.
Dit is veblydend om te sien dat daar ook ander skuts is wat die vermoeë van n .303Br verder ontgin. In ander lande soos Australië is die kaliber nogal gewild en word gebruik met sukses. Ten spyte van vooroordele het baie van ons leer skiet met een. Bitter min het egter gepoog om sy potensiaal verder te ontwikkel en by die standaard gebly. Nie alle militêre uitreikings ontwikkel verder nie. Verstaanbaar en dis hoe dit is. Nietemin dit was goed en lekker om die video te kon kyk.
Groete
Ferdi Bam
Re: 303 British ULR
Posted: Thu Jan 02, 2025 8:35 am
by Ds J
Die 7.62x54R is byna net so oud soos die 303, en die twee koeëls se kaliber is identies: 7.9mm (0.312") - Wikipedia. Dit is tot vandag toe die standaard skerpskutter patroon vir die Dragunov geweer. Hy skiet 'n 174gr of 181gr koeël teen +-2650-2750vps.
Re: 303 British ULR
Posted: Thu Jan 02, 2025 10:51 am
by Gideon@1
Goeie dag en mooi 2025 vir almal!!
Hier is 'n opvolg video en bespreking van vorige video.
Geniet
https://www.youtube.com/watch?v=cmP_BYKWD1s
Re: 303 British ULR
Posted: Thu Jan 02, 2025 4:14 pm
by MAAA0664343
Daardie ballistieke is in die 303 Epps omgewing
Re: 303 British ULR
Posted: Thu Jan 02, 2025 4:23 pm
by tripodmvr
Onthou dat dit 'n 26 duim loop is.
Temp303.png
Re: 303 British ULR
Posted: Fri Jan 03, 2025 8:40 pm
by Apie
Die Lee Enfield aksie kon nooit dieselfde druk hanteer as Mauser tipe aksies nie.
In ‘n moderne aksie sal mens hom heelwat woema kan gee!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 303 British ULR
Posted: Sat Jan 04, 2025 9:14 pm
by Ferdi Bam
Naand Almal,
Die moderne en sterker aksies gee hom verseker meer woema en plaas die 303Br in n ander klas. Min ouens glo dit.
My Mauser met n 24" 1-10T Vektor loop in 303Br skiet met 41gr, S335 (lot 714), 1mm jump en n 174gr Sierra Match King n gemiddelde spoed van 2564 vps in n Highland dop
Die 174gr PMP jagkoeël skiet hy teen 2508 vps met 44gr S341 en n 1,5mm jump in n PMP dop.
Goed of sleg, bogenoemde werk vir my en na elke skietsessie
glimlag ek steeds.
Ek wou n enig in sy soort geweer hê en die projek het in die vroeë negentigs begin. Ek was nog nooit spyt nie en die tyd en geld spandeer aan die geweer was die moeite werd al het dit my amper n leeftyd gekos om te voltooi. Nietemin dis n baie laaaang storie.
Groete.
Ferdi Bam.
Re: 303 British ULR
Posted: Sat Jan 04, 2025 9:35 pm
by Lategan1
@Ferdie, ek geniet hierdie insette.
Ekself het geen jagervaring met .303 nie. Italiaanse vriend wel, met sy sporter, immuun teen die slim opinies. Self gesien en waargeneem.
Kalahari-jag diesel stark, hy ken sy geweer/teleskoop, ook sal hy die ego wilde weste skote los vir ons 7mmRM-bulle
Gemsbok/Roan - as daai pil hom goed tref, is dit so stil dood. Herinner my aan Geno se “Hi 5” jakkals videos.
Daar is beslis meriete in die .303 of 8mm of 9.3 se stadige doodmaak, dood is dood.
Wanneer die wind waai, seker ander storie.
Beste.