DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
Disiderata
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Sep 03, 2013 1:12 pm

DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Disiderata »

Hi Julle.

Hoop almal het 'n rustige Kersdag ervaar.

Ek is in die mark vir 'n AR15, ek het nog nooit een besit nie en uit die baie gewere en kalibers wat ek het is daar 'n leemte vir 'n goeie semi auto AR.

"n Vriend van my besit die plaaslik vervaardigede DM4 semi Auto in 223 rem. Hy is vol lof vir die geweer en wil my oortuig oom ook een te koop. Ek is "all for, Local is Lekka" maar wil ook nie my geld spandeer op iets wat later my in die gat kom byt nie.

Ek het geleetheid om op 'n plaas pes-beheer te doen van Jakkalse, wilde makoue bosvake ens. ens. soek een geweer wat dit kan doen. DWS. dit moet akkuraat wees vir skote tot 400/500m. Dit moet ook betroubaar wees, maw min storings, ek kom uit die weermag uit en weet van R4 wat vuil word en stoor. Ek het al gesien met my vriend se geweer(DM4) met die "silencer" op het hy nogal heelwat storinge gehad.

Akkuraatheid: ek verstaan die DM4 kry mens MOA groepering op 100m en met die DDM4 kan jy sub-moa groepering kry. Ek kan nie 'n onnakurate geweer koop nie, dis die belangrikste faktor.

Magasyne: Ek verstaan die DM4 kan ongeveer enige tipe AR magasyn gebruik, weet nie van die DDM4 nie?

Gas verstelling: Hoe werk die gas verstelling tussen die twee gewere en watter een sal die beste werk en die langste hou?

Silencer: Ek verstaan daar is spesiale verstellings nodig as mens met 'n silencer op 'n AR wil skiet, hoe werk dit, en werk beide modelle goed met 'n silencer?

Teleskoop: Vir die doel waarvoor ek dit wil gebruik watter vergroting teleskoop sal die beste werk op die geweer?

Die is nie 'n kompetisie geweer nie(3gun) of iets soortgelyks nie, dis hoofsaaklik vir pes beheer en skyfskiet(plinking) daarom soek ek ook 'n langer loop soos 18 duim en langer.

Daar is 'n groot prysverskil tussen die twee, ek het egter die begroting vir die DDM4, waar wil graag onafhanklike opinies kry oor beide om 'n ingeligde besluit te kan maak.

Hoor graag die manne se opinies.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Ratel »

Ek sou my nie net beperk by daai twee maake nie. Vir daai lang afstande jag/skiet weet ek nie of jy die idiale kaliber en platform gekies het nie. Kyk na n 243 AI as jy al daai goed wil skiet op langer afstande. Indien jy egter by 223/556 wil hou sou ek nie korter loop as 16 duim vat nie. Moenie verwag om klein groeperings te skiet met surplus ammo nie. Jy sal moet lading ontwikkel. Magasyne pas almal ar op ar. Nee jy het nie spesiale gas verstelling nodig nie. Ek geniet my Atech AR suppressor. Teleskoop is maar dieselde as slot geweer tensy jy thermal/ir wil he vir nagskiet. Ek het na baie oorweging vir my 'n Anderson AR 15 M4 gekoop. Die RF85 een. Die geweer word gewas met water en seep en jy gee dit nie olie nie. Ek het by Rescomp gekoop en R26700 betaal. Nog nie een dag spyt nie. Jy kan ook kyk na sigsauer en HK as jy daai bedrag wil betaal wat n DD jou gaan kos.
Maak 'n verskil
Vissie
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Sat Jan 19, 2013 9:02 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Vissie »

Om daardie twee AR’s te vergelyk is om soos ‘n Beetle te vergelyk met ‘n nuwe Prado.

As ek lees wat jy met die geweer wil doen klink dit of jy eerder ‘n slot aksie geweer moet kry.

Gaan gesels met Gerrit-Jan by Hailstorm. Miskien is ‘n 6ARC die roete om te gaan?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Geno »

Disiderata wrote: Thu Dec 26, 2024 1:15 pm Ek het geleetheid om op 'n plaas pes-beheer te doen van Jakkalse, wilde makoue bosvake ens. ens. soek een geweer wat dit kan doen. DWS. dit moet akkuraat wees vir skote tot 400/500m. Dit moet ook betroubaar wees, maw min storings, ek kom uit die weermag uit en weet van R4 wat vuil word en stoor. Ek het al gesien met my vriend se geweer(DM4) met die "silencer" op het hy nogal heelwat storinge gehad.
Los die AR-15 idee as dit jou spesies en aanwending is, en kry 'n warm 6mm (.243AI, 6Creed, 6GT, 6Dasher, 6x47 ens.) in 'n slot aksie roer wat 0.5MOA of beter kan hou. Skiet 'n 80gr ELD-VT, 87gr VMax of soortgelyk, dan kom wys jy jou fotos.
As jy meestal onder 400m gaan werk is 70gr koele ook voldoende.
Terloops het ek al 'n bosvark in die nag op 780m platgeskiet met 70gr Nosler Varmageddons uit een van my gewone 243win roere, so dit kan gedoen word, maar daar is beter opsies....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13581
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Capt. Yoda »

Net soos Geno se
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by HunterB »

Stem saam met die slotalsie vir die doel maar in die sin van ARs sal ek se is daar baie ander vervaardigers wat baie akuraate gewere maak.

Ek skiet met die Savage MSR recon, hy skiet snyers met 55gr FMJ/SP. Skiet SASRA waar ons tot 400m skiet. Hy skiet gemaklik 2-3” op 400m as die drywer sy kant bring. Ek het net die sneller met n Timney vervang en Lycan Kinetic Engineering Muzzlebrake/Silencer combo.

Moet oom se dat ek baie swak groepe kry met rak ammo. Maar herlaai het hy van 1ste lading af mooi geskiet

Foto van n 300m SASRA teiken wat ek geskiet het aangeheg, le sonder rus.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by JPS »

Probeer gerus ook Fiocchi ammo op AR as jy rak ammo soek wat goed groepeer oor algemeen en baie skoner brand as meeste ander rak ammo.

Maar lading wat ontwikkel is sal beter werk

“Disclaimer” ons voer Fiocchi ammo in maar so ook ander make.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Arnold »

Koop n AR en skiet lekker. Dit is awesome.

.... maar moenie van hom probeer maak wat hy nie is nie.

Akkuraatheid is nie vergelybaar met slotaksie gewere nie. Silencers kompliseer dinge nog en dan sal ek n verstelbare gasblok voorstel. Die manier hoe die gewere funksioneer maak dan net als vuiler met n silencer.

Geno gee uitstekende raad!

Ek besit op die stadium 2 x AR15 gewere en albei is akkuraat. 'n S&W M&P Sport 2 en n DDM4 V7 Pro.

DD gewere is baie duur maar jy kan nou n goeie deal kry by n paar winkels.

Vir n 18" AR15 sou ek na die Ruger, DD en dalk iets soos n ADC kyk, maar wegbly van die plaaslike ARs

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by B Five »

Arnold
Watse voetstuk het jy daar op jou Aimpoint?
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1489
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Eduard Venter »

Ek sou maar 'n slotaksie 243 verkies vir die tipe werk. Uit die helikopter uit sal die AR beter werk vir pes beheer maar dan sal 'n haelgeweer waarskynlik nog beter werk.

Met handgelaaide ammunisie en 'n lang loop sal mens dalk iets kan regkry met die AR, maar gaan heeltyd doppe verloor, en moet hom gereeld skoonmaak. Ek is ook maar heilig oor my bakkie en skiet nie 'n AR van binne af waar die doppie iets kan beskadig nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by joe rocket »

Capt. Yoda wrote: Fri Dec 27, 2024 10:45 am Net soos Geno se

Amen
GROETE

__________________________

Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Disiderata
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Sep 03, 2013 1:12 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Disiderata »

Arnold wrote: Sat Dec 28, 2024 11:52 am Koop n AR en skiet lekker. Dit is awesome.

.... maar moenie van hom probeer maak wat hy nie is nie.

Akkuraatheid is nie vergelybaar met slotaksie gewere nie. Silencers kompliseer dinge nog en dan sal ek n verstelbare gasblok voorstel. Die manier hoe die gewere funksioneer maak dan net als vuiler met n silencer.

Geno gee uitstekende raad!

Ek besit op die stadium 2 x AR15 gewere en albei is akkuraat. 'n S&W M&P Sport 2 en n DDM4 V7 Pro.

DD gewere is baie duur maar jy kan nou n goeie deal kry by n paar winkels.

Vir n 18" AR15 sou ek na die Ruger, DD en dalk iets soos n ADC kyk, maar wegbly van die plaaslike ARs

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek hou van jou setup, veral die S&W M&P15 sport, die een wat ek koop lyk ongeveer 100% dieselfde as joune, het jy goeie ondervinding met hom?
Disiderata
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Sep 03, 2013 1:12 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Disiderata »

Ratel wrote: Thu Dec 26, 2024 1:36 pm Ek sou my nie net beperk by daai twee maake nie. Vir daai lang afstande jag/skiet weet ek nie of jy die idiale kaliber en platform gekies het nie. Kyk na n 243 AI as jy al daai goed wil skiet op langer afstande. Indien jy egter by 223/556 wil hou sou ek nie korter loop as 16 duim vat nie. Moenie verwag om klein groeperings te skiet met surplus ammo nie. Jy sal moet lading ontwikkel. Magasyne pas almal ar op ar. Nee jy het nie spesiale gas verstelling nodig nie. Ek geniet my Atech AR suppressor. Teleskoop is maar dieselde as slot geweer tensy jy thermal/ir wil he vir nagskiet. Ek het na baie oorweging vir my 'n Anderson AR 15 M4 gekoop. Die RF85 een. Die geweer word gewas met water en seep en jy gee dit nie olie nie. Ek het by Rescomp gekoop en R26700 betaal. Nog nie een dag spyt nie. Jy kan ook kyk na sigsauer en HK as jy daai bedrag wil betaal wat n DD jou gaan kos.
Hi Ratel, dankie vir die advies, ek stem saam or die akkuraatheid, AR is nie so akkuraat soos slotaksie gewere nie. Sal definitief lading ontwikkeling doen op my geweer, ek soek beter akkuraatheid as met die surplus ammo.
Disiderata
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Tue Sep 03, 2013 1:12 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Disiderata »

Geno wrote: Fri Dec 27, 2024 8:22 am
Disiderata wrote: Thu Dec 26, 2024 1:15 pm Ek het geleetheid om op 'n plaas pes-beheer te doen van Jakkalse, wilde makoue bosvake ens. ens. soek een geweer wat dit kan doen. DWS. dit moet akkuraat wees vir skote tot 400/500m. Dit moet ook betroubaar wees, maw min storings, ek kom uit die weermag uit en weet van R4 wat vuil word en stoor. Ek het al gesien met my vriend se geweer(DM4) met die "silencer" op het hy nogal heelwat storinge gehad.
Los die AR-15 idee as dit jou spesies en aanwending is, en kry 'n warm 6mm (.243AI, 6Creed, 6GT, 6Dasher, 6x47 ens.) in 'n slot aksie roer wat 0.5MOA of beter kan hou. Skiet 'n 80gr ELD-VT, 87gr VMax of soortgelyk, dan kom wys jy jou fotos.
As jy meestal onder 400m gaan werk is 70gr koele ook voldoende.
Terloops het ek al 'n bosvark in die nag op 780m platgeskiet met 70gr Nosler Varmageddons uit een van my gewone 243win roere, so dit kan gedoen word, maar daar is beter opsies....
Hi Geno, dankie vir die advies, ek hou daarvan om na jou videos op youtube te kyk. Jy mag maar die jakkies klop. Ek hoor wat jy se oor die 6mm kalibers, ek dink dis tyd vir my om egter 'n semi auto te kry, ek weet ek kan met 243 en 6.5 beter akkuraatheid kry op langer afstande. 'n Man kan meer as een gun jagveld toe vat nie waar nie, as ek sien die goggas is te ver vir die AR werk ek met die 243.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Arnold »

B Five wrote:Arnold
Watse voetstuk het jy daar op jou Aimpoint?
Hierdie is 'n Reptilia mount.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: DM4 AR Semi auto vs Daniel Defense DDM4V7

Post by Arnold »

Disiderata wrote:
Arnold wrote: Sat Dec 28, 2024 11:52 am Koop n AR en skiet lekker. Dit is awesome.

.... maar moenie van hom probeer maak wat hy nie is nie.

Akkuraatheid is nie vergelybaar met slotaksie gewere nie. Silencers kompliseer dinge nog en dan sal ek n verstelbare gasblok voorstel. Die manier hoe die gewere funksioneer maak dan net als vuiler met n silencer.

Geno gee uitstekende raad!

Ek besit op die stadium 2 x AR15 gewere en albei is akkuraat. 'n S&W M&P Sport 2 en n DDM4 V7 Pro.

DD gewere is baie duur maar jy kan nou n goeie deal kry by n paar winkels.

Vir n 18" AR15 sou ek na die Ruger, DD en dalk iets soos n ADC kyk, maar wegbly van die plaaslike ARs

Image

Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Ek hou van jou setup, veral die S&W M&P15 sport, die een wat ek koop lyk ongeveer 100% dieselfde as joune, het jy goeie ondervinding met hom?
Ek is baie gelukkig met die M&P.

Sent from my SM-A528B using Tapatalk

Post Reply