Page 1 of 1

H&H Paradox

Posted: Fri Dec 13, 2024 2:48 pm
by tripodmvr
Iets besonders uit Australiƫ

Built in 1901 by Holland & Holland of London it's a beautiful piece.
I can now compete in all Big Game Rifle events. The Paradox is a smoothbore 12 Guage, with rifled chokes. Neither a rifle nor a shotgun - hence Paradox. Designed to shoot solid slugs.
Paradox 1.jpeg
Paradox 2.jpeg
Paradox 3.jpeg
Paradox 4.jpeg
Paradox 5.jpeg

Re: H&H Paradox

Posted: Sat Dec 14, 2024 12:24 pm
by tripodmvr

Re: H&H Paradox

Posted: Sun Dec 15, 2024 8:29 pm
by Ds J
Hierdie is werklik pragtig!

Het enigeen 'n idee oor die ballistiek van die patroon - ongeveer dieselfde as 'n 12-boor "slug"?

Re: H&H Paradox

Posted: Sun Dec 15, 2024 9:15 pm
by tripodmvr
Hier word spoed en projektiel gewig genoem.

https://en.wikipedia.org/wiki/Ball_and_shot_gun

Re: H&H Paradox

Posted: Mon Dec 16, 2024 2:43 am
by Johan van Wyk
'n Vriend van my het 'n soortgelyke Paradox, syne is net so 8 jaar ouer. Ek het al baie met hom geskiet. Hy laai 730 grein Fosbery-tipe projektiele met swartkruit teen so 1 050 vps in Armour Brass doppe. Ek het baie jare terug 'n rooibok met sy Paradox geskiet. Diere reageer anders met so groot, swaar koeel. Omdat die spoed so laag is maak die Paradox projektiel net 'n (groot) gat met geen sekondere skade nie. Die rooibok het 'n hele entjie gehardloop voor hy geval het, en ditto vir 'n vlakvark en koedoekoei wat op dieselfde dag geskiet is. Daar is al geskryf dat die Paradox die ideale ding vir 'n gekweste luiperd is, maar ek het my bedenkinge hieroor. Ek sal eerder iets vat wat heelwat meer energie genereer vir sulke aktiwiteite.

Die hele Paradox/Explora/ball & shot konsep is vir my interressant. Ek ken baie mense wat een het, en 'n paar ouens wat 'n dosyn of meer het van alle kleure en geure. Die kragtigste een was die Westley Richards Super Magnum Explora-735 grein projektiel teen 1 500 vps. Omtrent almal het soortgelyke gewere gemaak, maar die verskil was in die tipe groewe in die lope. Fosbery-tipe groewe is deur H&H gepatenteer so net hulle kon dit gebruik. Rigby, Army & Navy, Jeffery, Lancaster en wie weet wie nog het gewoonlik "Invisible Rifling" gebruik. Dis groewe wat breed en baie vlak is en in die volle lengte van die loop is. Ammunisie vir 'n geweer met Fosbery-tipe groewe werk gewoonlik nie goed in gewere met "Invisible Rifling" nie, en andersom, en die oorspronklike projektiele het ook drasties verskil. Almal van hulle is ook redelik vol fiemies as dit by die tipe van smeermiddel kom waarmee die projektiele gesmeer word voor hulle gelaai word. Een Paradox waarvan ek weet wil net glad nie reguit skiet as die groewe voor nie eers met Ballistol gespuit is nie. Geen mens weet hoekom nie.

'n Australiese vriend is tans besig om die vierde uitgawe van sy herlaai handboek te laat druk. Hy het baie eksperimentasie met Paradox'e en ander soortgelyke wapens gedoen om herlaaidata te ontwikkel wat onder andere in die boek ingesluit is. Hy besit onder andere 'n Holland & Holland 10-boor Paradox. Die groter 8- en 10-boor Paradox'e was eintlik bedoel vir gevaarlike wild en is nooit met hael geskiet nie, net soliede projektiele. Die 10-boor Paradox weeg 12 pond en my vriend verseker my daar is niks in sy kluis van meer as 200 gewere tot en met 'n .600 NE wat harder skop nie! Die groter Paradox'e het die pad van die dodo gestap met die toetrede van kordiet, so hulle was vir slegs 'n paar jaar gemaak en is nogal skaars en baie versamelbaar.

Daar is 'n man in Tasmanie wat begin het om weer Paradox projektiele te maak volgens die oorspronklike patent met 'n koper "cap" en al die dinge. Die ouens wat hulle al gebruik het praat met groot lof van hulle, maar soos een man opgemerk het: "They look like a million bucks and they cost a million bucks!"

Re: H&H Paradox

Posted: Mon Dec 16, 2024 7:28 am
by tripodmvr
Johan, baie dankie vir die inligting. Is jy nou permanent in Australiƫ.

Re: H&H Paradox

Posted: Mon Dec 16, 2024 7:34 am
by tripodmvr
Behoort interessante leesstof te wees.
Paradox book.jpeg

Re: H&H Paradox

Posted: Mon Dec 16, 2024 12:47 pm
by Ds J
Dit is verbasend wat mense al uitgedink het, en dan ontdek iemand n volgende chemiese bestanddeel wat die hele beweging in sy spore stuit.

Re: H&H Paradox

Posted: Sat Dec 21, 2024 2:30 pm
by tripodmvr