Page 1 of 1
7x57 oppad uit?
Posted: Sat Dec 07, 2024 7:02 pm
by Giepie
Dit lyk vir my of die 7x57 besig is om skaarser te word. Loop dit dieselfde pad as die 303? Met nuwe gewere sien ek net in Mauser wat dit uitbring, en dan die Rigby's wat weer oor die R300 000 is. Selfs in die .275 Rigby sien ek meer nuwes nie. Gaan dit ook maar "uitfasseer"?
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Sat Dec 07, 2024 9:34 pm
by Boomstomp
Zastava en van die ander Europese vervaardigers maak nog die 7x57, maar dit work skaarser!
Ek was altyd 'n groot CZ-aanhanger, maar dis jammer om te sien hulle probeer meer Amerikaans raak... skielik is lys van kalibers wat hulle vervaardig baie lig op goeie Europese kalibers en swaar op nuwe Amerikaanse giere.
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Sat Dec 07, 2024 10:15 pm
by Ds J
Ek het enkele jare gelede ook daarvan gehoor, maar daar is nog heeltemal te veel 7x57's in omloop dat ons oor ammunisie hoef te wonder.
Aan die ander kant kan hy dalk oor 'n paar jaar weer 'n herlewing hê.
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Sun Dec 08, 2024 6:36 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Die 9.3x62 ervaar ook dieselfde roete, min van die jonger manne ken die twee kalibers. As ek so vinnig moet dink is dit Zastava, Sako en Tikka wa da 9.3 opsie is. Dis n groot jammerte want die twee kalibers is perfek vir bosjag
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Tue Dec 10, 2024 5:28 pm
by Giepie
Dankie almal. Ek is juis besig om 303 by my uit te faseer, want doppe raak skaars, fabrieks ammo net so, ten minste met die plaaslike koeël vervaardigers is die koeëls nog volop beskikbaar. Ek sou graag 'n 7x57 wou hê vir die "Boere Mauser" idee, maar wil nie sukkel soos met 303 nie.
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Tue Dec 10, 2024 6:38 pm
by Andre308
Die probleem is dat die USA beheer die media met wapen trends en so is almal op die nuwe kalibers wat hulle adverteer.
Ek glo wel nie dat die 7x57 baie vinnig sal dood gaan nie. Daar is darm te veel van hulle in omloop. Dit bly een van die beste all round kalibers met aanvaarbare recoil.
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Wed Dec 11, 2024 7:24 am
by Frederik
Daar is nog genoeg doppe en koele rond vir die 7x57 solank jy klomp doppe bymekaar maak sal jy ver kom.
Ek het 200 x S&B doppe bekom tyoe ek my 7x57 gekoop het matrysse ens en nou is ek reg vir wat kom glo nie ek sal al 200 doppe klaar skiet nie.
En beste van alles SBC maak nou 160gr 7mm koeel wat baie goed werk en gee jou die ekstra speod as jy dalk langer skoot moet skiet in die bos en as jy regtig wil het SBC 140gr koeel ook.
As jy mooi 7x57 in die hande kan kry vat hom jy gaan nie spyt wees nie.
Norma, RWS en S&B maak doppe want Europa is vrot met 7x57's
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Wed Dec 11, 2024 7:34 am
by Lategan1
Verseker.
Lank lewe die:
6.5x55 - was amper dood en nou!
9.3x62!
En verseker die 7x57mm!
Amerikaanse spinning om hulle eie goed te posisioneer.
Beste.
Re: 7x57 oppad uit?
Posted: Wed Dec 11, 2024 7:47 am
by Carlc
Ek het 2 jaar terug hier op Jaracal n Ruger no 1 in 7x57 gekoop. Dit sal nou belus die laaste geweer in my kluis wees wat ek verkoop as ek moet ontslae raak van hulle. Gelukkig het ek genoeg doppe en punte om my nog baie lank besig te hou. Ek glo nie die 7x57 sal sommer heeltemal uitfasseer nie maar skaarser die raak hy beslus.