Page 1 of 1

Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 4:20 pm
by 6.5/284Norma
Hallo almal,

Het iemand onlangs met hulle besigheid gedoen?

Ek het item bestel, betaling gemaak en net niks van hulle gehoor al 5 dae nie.
Hulle landlyn nommers is of beset of bestaan nie en hulle ignoreer my eposse.

Enige raad assseblief?

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 4:32 pm
by Riaan Kriel
Ek het 'n paar jaar gelede besigheid met hulle gedoen. Geen probleem gehad nie.... so het 2 skietvriende ook goedere by hulle bestel. Die een man se pakkie het gekom met verkeerde produkte... dit was 'n redelike storie om die goedere terug te stuur en vervang te kry met die regte goedere. Die ander man se bestelling.... Hy het na meer as 3 maande van baie gesukkel en frustrasies en beloftes en geen kommunikasie 'n prokureursvriend gekry wat die sakie verder hanteer het.. hy toe toe sy geld uiteindelik teruggekry...

Edit... Laaste keer wat ek op HelloPeter na hulle verwysings "Reviews" gekyk het was dit nie baie goeie kommentare om te lees nie

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 5:41 pm
by 6.5/284Norma
Riaan Kriel wrote: Mon Nov 25, 2024 4:32 pm Ek het 'n paar jaar gelede besigheid met hulle gedoen. Geen probleem gehad nie.... so het 2 skietvriende ook goedere by hulle bestel. Die een man se pakkie het gekom met verkeerde produkte... dit was 'n redelike storie om die goedere terug te stuur en vervang te kry met die regte goedere. Die ander man se bestelling.... Hy het na meer as 3 maande van baie gesukkel en frustrasies en beloftes en geen kommunikasie 'n prokureursvriend gekry wat die sakie verder hanteer het.. hy toe toe sy geld uiteindelik teruggekry...

Edit... Laaste keer wat ek op HelloPeter na hulle verwysings "Reviews" gekyk het was dit baie goed om te lees nie
Lyk my ek gaan ook daai paadjie loop...

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 5:44 pm
by Capt. Yoda
Ek neem aan hul pryse was baie beter as ander plekke sin. Altyd vir my interesant hoe die specials by die snaakse winkels manne vang

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 7:58 pm
by Haasvel
Ekt so 4jaar gelede al my RCBS goed by hulle bestel.

Geen probleem gehad nie

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 9:23 pm
by Rudi Fischer
6.5/284Norma wrote:Hallo almal,

Het iemand onlangs met hulle besigheid gedoen?

Ek het item bestel, betaling gemaak en net niks van hulle gehoor al 5 dae nie.
Hulle landlyn nommers is of beset of bestaan nie en hulle ignoreer my eposse.

Enige raad assseblief?
Hulle is hier onder in die straat van my af. Sal more daar verby ry en kyk of hulle nog bestaan.

PM my die detail en jou nommer.

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 10:13 pm
by phyllox
Soortgelyke ondervinding as wat Riaan beskryf. Kan ongelukkig net aanbeveel dat hulle vermy moet word.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Technopro

Posted: Mon Nov 25, 2024 10:58 pm
by BBCT

Re: Technopro

Posted: Tue Nov 26, 2024 6:32 am
by 6.5/284Norma
Wat my erg bekommer is dat hulle nommer die hele dag lank 'n bestettoon gee.

Re: Technopro

Posted: Wed Nov 27, 2024 8:04 am
by 6.5/284Norma
Ok net 'n opvolg oor hulle.
Rudi het na hulle perseel toe gegaan en blykbaar is alles toe en verlate, daar gebeur niks.
So dit lyk my ek kan aaneem dat die hel spul nou 'n scam is.
Toe ek my bestelling geplass het was hulle gou om epos te stuur sodat ek kan betaal.
Daarna absoluut niks.
'n Mens kan 'n "ticket" oopmaak op die website om navraag te doen - daar kom ook niks van nie.

Behalwe as ek iets mis sal ek dink bly weg van hulle af.

Re: Technopro

Posted: Thu Nov 28, 2024 9:57 am
by jager
My laaste ondervinding was dat hulle allle pogings tot komunikasie ignoreer. Ek het die geld afgeskryf.

En toe een dag, seker 7 of 8 weke later, kom die pakkie uit die bloute aan.

Re: Technopro

Posted: Thu Nov 28, 2024 10:48 am
by Toxxyc
On their website: Welcome to the TechnoPro® shopping portal.
E-mail us on astro@technopro.co.za

NB: ** Please note - Our telephone lines are currently down. Our service providers are working hard on getting the service restored. We apologise for the inconvenience.

Re: Technopro

Posted: Thu Nov 28, 2024 2:13 pm
by 6.5/284Norma
Toxxyc wrote: Thu Nov 28, 2024 10:48 am On their website: Welcome to the TechnoPro® shopping portal.
E-mail us on astro@technopro.co.za

NB: ** Please note - Our telephone lines are currently down. Our service providers are working hard on getting the service restored. We apologise for the inconvenience.
Al my eposse na die adres kry geen reaksie.

Re: Technopro

Posted: Mon Dec 09, 2024 7:33 am
by 6.5/284Norma
Hallo weer,

Ek was verniet bekommerd oor my bestelling, dit het gister by my opgedaag.

Ek vra om verskoning as ek iemand omgekrap het hieroor - die gebrek aan terugvoer het my negatief laat reageer.

Miskien kan hulle net wel hulle kommunikasielyne regkry.

Re: Technopro

Posted: Mon Dec 09, 2024 8:51 am
by Lategan1
Bly vir jou.

As besighede en diensverskaffers nie ordentlik kan en wil kommunikeer nie, moet hulle die pak vat.

Basiese aspek van sake doen, spreekwoordelike Sub-A werk.

Beste.

Re: Technopro

Posted: Mon Dec 09, 2024 9:17 am
by Toxxyc
6.5/284Norma wrote: Mon Dec 09, 2024 7:33 am Hallo weer,

Ek was verniet bekommerd oor my bestelling, dit het gister by my opgedaag.

Ek vra om verskoning as ek iemand omgekrap het hieroor - die gebrek aan terugvoer het my negatief laat reageer.

Miskien kan hulle net wel hulle kommunikasielyne regkry.
Dit is elke keer hulle storie. Mens bestel, raak baie bekommerd, begin hulle amper beswadder en dan een van die dae daag jou goed op.

Re: Technopro

Posted: Tue Dec 10, 2024 3:08 am
by Ds J
Ek het eendag geskakel na een van die internethandelaars en met 'n baie behulpsame jong dame gesels om te bevestig of hulle wel die herlaaigoedjies in voorraad het.

Dit was nie in voorraad nie, en toe ek sê dat ek by die kompetisie sal kry omdat hulle dit ook adverteer, het sy dat hulle eintlik net een stoor het, maar sewe handelsname.

Re: Technopro

Posted: Wed Dec 11, 2024 4:42 am
by JF123
Ja, en gewoonlik gebaseer is Somerset-Wes. So, voor ek iets aanlyn koop kyk ek eers vir die besigheid adress. Somerset-Wes of geen adres hou ek maar eerder verby.

Re: Technopro

Posted: Wed Dec 11, 2024 8:42 am
by finch
Daar is niks fout met die scummerset-wes nie...

Re: Technopro

Posted: Wed Dec 11, 2024 11:12 am
by pwdejager
Ooi ek is ook in Somerset Wes 😂

Re: Technopro

Posted: Thu Dec 12, 2024 4:32 am
by JF123
Dis jammer...

Re: Technopro

Posted: Thu Dec 12, 2024 9:12 am
by tripodmvr
Dit is nie net hier waar die probleme is nie.

I am an online shopper that frequents the firearms/hunting market. I have a rant I would like to share:

A staggering number of Australian online retailers in the firearms and hunting market are seemingly stuck in a digital time warp. Their websites feel like a homage to the 90s, complete with flashing "Under Construction" GIFs, Comic Sans fonts, and navigation systems designed to test your patience. You’d assume an online store would let you, you know, shop online, but no! Instead, you're required to call them—yes, with an actual phone, like it’s 1998—to arrange payment, check stock, or figure out if the item you’re eyeing even exists. And forget sorting products by caliber, brand, size, height, grains—apparently, that’s some cutting-edge tech they do not seem to think is important.

But wait, it gets worse: these sites aren’t even optimized for mobile screens. (77% of Australian online purchases are made from a mobile device). Trying to browse on your phone? Brutal. You’ll find yourself zooming, scrolling, and swearing as you try to decipher clunky layouts that feel like a punishment for wanting to shop on the go.

To their credit, there are two—yes, a whopping two—online retailers in this market who’ve cracked the code (pun intended) on how e-commerce is supposed to work. These visionaries have turned the digital scavenger hunt into an actual shopping experience. They’ve embraced conveniences like Apple Pay and Google Pay, and I’ll gladly pay extra for the luxury of checkout simplicity. No typing, no entering my life story—just a double-click, and I’m done. In a country where iOS boasts a 60% market share and Apple Pay usage has skyrocketed over the past five years, it’s downright baffling that most retailers haven’t jumped on the modern payment bandwagon. Do I want to painstakingly type out all my details manually, or double-click and move on with my life? Hmmmm. Tough call.

Re: Technopro

Posted: Thu Dec 12, 2024 1:38 pm
by Capt. Yoda
Seker die selle ou wat Safari se website gebou het

Re: Technopro

Posted: Thu Dec 12, 2024 4:30 pm
by tripodmvr