Page 1 of 1

Jag plek 2025

Posted: Sat Nov 23, 2024 5:37 pm
by Michael vanzyl
Goeie middag mede lede.

Ek hoop dit gaan goed met almal.

Ek wil graag julle hulp kom vra of julle dalk n jag plaas vir my en my gesin sal voorstel in die Polokwane/Musina omgewing vir so 3 dae vir volgende jaar voor almal vol geboek is. Ons seuntjies is 5jaar en 1 jaar oud en ons wil hulle bietjie meer blootstelling aan die wonderlike voorreg wat ons het gee. My vrou gaan ook saam so die basiese nootsaaklihede sal n bonus wees. As julle enige voorstelle van plase wat die experience uit die park kan slaan met my deel asb. Enige kontak besonderhede sal ook waardeur word.

Vriendelike groete

Re: Jag plek 2025

Posted: Tue Nov 26, 2024 3:10 pm
by Frederik
EK dink almal hou mooi vas aan hulle lekker plekke maar ek weet Facebook is daar hope advertensies wat nou al begin adverteer.
Baie plekk het ook nog nie 2025 se pryse uit nie.

Re: Jag plek 2025

Posted: Thu Nov 28, 2024 10:27 am
by Guillaume
Goeie dag

Ek sal Adansonia Eco Lodge voorstel, plaas gelee net voor Musina.

Eienaar baie goed met die kinders, ek en my gesin gaan jaarliks.