Page 1 of 1

Randburg Geweerwinkels

Posted: Wed Nov 13, 2024 8:53 am
by Tiny Hunter
Ek is bietjie in die Wes Rand vir n paar dae vir n groot fietsry resies. Ons bly in Randburg. Ek ken glad nie die area nie en wil gou hoor by die manne wat wel doen. Wat is die grootste wapen winkels in die area. Sal graag net bietjie wil gaan rond loop en kyk hoe lyk die winkels hier in die Noorde. Wil nie noodwendig iets koop nie net graag bietjie "browse" so die winkel met die grootste verskeidenheid wapens en teleskope byvoorbeeld!

Groete
Hanro

Sent from my CPH2521 using Tapatalk


Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Wed Nov 13, 2024 9:00 am
by Capt. Yoda
Kalahari Arms op Beyers Naude by Honey Crest center, anders ry af met die N1 Safari and Outdoor toe
Dave Sheer is ook nie te ver van jou af nie, best "bang for your buck" sal Safari and Outdoor Rivonia wees

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Thu Nov 14, 2024 11:38 am
by Grenslyn
Naaste aan jou sal Safari Outdoor wees by Cradlestone Mall.

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Thu Nov 14, 2024 11:54 am
by Drenalinjunkie
Tiny Hunter wrote: Wed Nov 13, 2024 8:53 am Ek is bietjie in die Wes Rand vir n paar dae vir n groot fietsry resies. Ons bly in Randburg. Ek ken glad nie die area nie en wil gou hoor by die manne wat wel doen. Wat is die grootste wapen winkels in die area. Sal graag net bietjie wil gaan rond loop en kyk hoe lyk die winkels hier in die Noorde. Wil nie noodwendig iets koop nie net graag bietjie "browse" so die winkel met die grootste verskeidenheid wapens en teleskope byvoorbeeld!

Groete
Hanro

Sent from my CPH2521 using Tapatalk
Die twee grootste winkels wat naby aan jou sal wees is Safari & Outdoor Rivonia en dan Waterfall Arms. Waterfall is so 5min vanaf S&O so werk lekker uit.

Geniet die 94.7

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Thu Nov 14, 2024 12:38 pm
by Stukkies
Hi as jy 'n paar kleiner winkels wil besoek is dit die moeite werd om by Kolskoot - gesels met Jaco hy ken gewere en was self 'n springbok skut en Randburg Arms 'n draai te maak.

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Thu Nov 14, 2024 9:56 pm
by Cobus(Cobb)
Die kruitvat is klein maar ek geniet hom altyd....en n koppie koffie by Kiril die Rus in sy mancave, is n belewenis

Cheers

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Fri Nov 15, 2024 7:57 am
by Capt. Yoda
Cobus(Cobb) wrote: Thu Nov 14, 2024 9:56 pm Die kruitvat is klein maar ek geniet hom altyd....en n koppie koffie by Kiril die Rus in sy mancave, is n belewenis

Cheers
Hy kan moontlik die race mis as hy by Kiril gaan kuier

Re: Randburg Geweerwinkels

Posted: Fri Nov 15, 2024 10:54 am
by marthinus100
My on-populere opinie, vermy SO. Julle het een in die kaap. Gaan kuier by Camdix in Krugersdorp, Spartan Arms in Edenvale, Dave Sheer in Bramley en Halestorm in PTA. Dis iets anders. Dis wel n bietjie gery, maar verseker die verkeer werd.