Page 1 of 1

Gratis 303 bajonet skede

Posted: Mon Nov 11, 2024 5:09 pm
by Eduard Venter
Dagsê manne. Ek het 'n ou 303 bajonet skede hier op die plaas ontdek. Dalk is daar iemand wat sy skede verloor het, dan is die een gratis vir jou.

Groete
Nul723345015

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Image

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Mon Nov 11, 2024 6:34 pm
by Krobb
Eduard die 303 skedes wat ek al gesienbhet was van leer gemaak.
Daardie een wat jy het lyk soos die R1 bajonet sin.

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 8:42 am
by Capt. Yoda
Is vir n 303 daai nie R1 nie

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 9:50 am
by Stukkies
Hi Eduard
Ek sal dit neem as dit nog beskikbaar is, ek het 'n SMLE No. 1 Mk III. Myne se loop is al uitgeskiet so is nou net 'n vertoonstuk.

Groete
Pieter

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 2:10 pm
by Krobb
Ag jammer Eduard, ek het nou gegoogle.
Dit is n 303 sin.

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 4:00 pm
by OosKaapJagter
Hierdie skede is spesifiek vir die Enfield no 4, en dan ook nie vir die "spike" bajonet nie.

Dit is nie gemaak vir die SMLE nie. Hier is 'n skakel met 'n goeie foto.

https://www.ima-usa.com/products/britis ... 5653167813

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 5:18 pm
by Eduard Venter
Stukkies wrote:Hi Eduard
Ek sal dit neem as dit nog beskikbaar is, ek het 'n SMLE No. 1 Mk III. Myne se loop is al uitgeskiet so is nou net 'n vertoonstuk.

Groete
Pieter
Stuur my 'n WhatsApp as jy dit nog wil hê asb. Die manne hier is slimmer as ek, ek het maar geraai 303 haha

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 5:22 pm
by Eduard Venter
Krobb wrote:Ag jammer Eduard, ek het nou gegoogle.
Dit is n 303 sin.
Geen pyne nie. Dis lekker om inligting oor die tipe goed te kry. Ek is maar 'n leek so het bietjie iets geleer uit almal se insette en self bietjie opgelees.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 5:49 pm
by Zuku
Capt. Yoda wrote: Tue Nov 12, 2024 8:42 am Is vir n 303 daai nie R1 nie
Posteer n foto van waar lem in skede gaan , Dit sal bevestig of .303 of R 1

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 5:59 pm
by OosKaapJagter
Google "Enfield no 9 bayonet". Klik op "images". Dit sal alle twyfel uit die weg ruim.

Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 6:08 pm
by Eduard Venter
Dankie Ooskaap Jagter, dis net hy daaiImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Gratis 303 bajonet skede

Posted: Tue Nov 12, 2024 6:55 pm
by Capt. Yoda
Zuku wrote: Tue Nov 12, 2024 5:49 pm
Capt. Yoda wrote: Tue Nov 12, 2024 8:42 am Is vir n 303 daai nie R1 nie
Posteer n foto van waar lem in skede gaan , Dit sal bevestig of .303 of R 1
Ek het n paar van hulle al 2. Daais nie n R1 sin nie