Page 1 of 1

Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:23 am
by Hartskoot Hennie
More manne.

Ek hoop die Maandag is nie te rof vir julle nie!

Ek en 2 vriende wil graag iewers gaan Fallow Deer jag met die gewere, verskieslik binne 300km va Pretoria oor ons dan vir 'n naweek sal deurgaan.

Weet julle van plekke, en is hulle pryse darem redelik?

Ek hoor graag van julle.

Dankie,

Hennie

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 10:43 am
by jl1904
More Hennie,

Ek is self op soek na Fallow deer, het al 2 plekke gekry in Dulstroom maar die pryse is bietjie rof R3500 Vat excl.

Daar is 'n paar plekke in die Oos Kaap wat ek erens raak gelees het wat nog so tussen R950 en R1500 vra, maar dit is te wyd om te ry.

Kom ons luister wat se die manne.

Groete
Johan

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 12:22 pm
by Jakkalsgat
Hennie en Johan

Ek kan reel op Koffiefontein maar in pakket

R 4 850

1 x Takbok
1 x Blesbok
2 x Springbok

Verblyf en etes ingesluit vir 2 nagte minimum 4 jagters

Maar dalk bietjie ver vir julle, so 180 km vanaf Bloem

Groete
Jaco

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 2:26 pm
by Boogjagter
Dagse Manne

Jim Musto naby Magaliesburg het altyd van die takbokke gehad, maar hy het sy plaas verkoop. Sal bietjie probeer uitvind wie het gekoop. Rondom Vreeniging en Sasolburg loop heelwat van die goed wat uit Sammy Marks se ou jagplaas gebreek het. Dalk kan mens daar by van die boere regkom.

Wisp Will hunting safaris in die Senekal omgewing het ook - kontak Gareth by 082 nul nege drie 7848

Groete

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 2:31 pm
by Gerrie Smith
Dag manne

Julle bly bietjie ver, maar by ons kan julle kom fallow deer skiet vir R650/bok en R150-00 dagfooi. ons is egter in Wellington, Weskaap.

Sterkte daar!

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 2:45 pm
by henried
Gerrie Vark wrote: Dag manne

Julle bly bietjie ver, maar by ons kan julle kom fallow deer skiet vir R650/bok en R150-00 dagfooi. ons is egter in Wellington, Weskaap.

Sterkte daar!
Ek het vir jou mail gestuur....

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Mon Feb 27, 2012 2:54 pm
by DWB
Julle kan vir Dawie van Nyala Arms in Harrismith bel: 058 623 2218 / 082 849 4455

Rasmus het laasjaar daar gaan jag.

Vra maar vir hom vir terugvoer.

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Wed Feb 29, 2012 9:37 am
by Stasoft
Henried : Het vir jou PM gestuur.

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Wed Feb 29, 2012 11:27 am
by Gerrie Smith
Dagse

Dit klink vir my of daar meer jagters as takbokke is in die land.
Ongelukkig is al ons takbokke nou bespreek vir die winter, varke is steeds beskikbaar elke dag!
Wens ek kon almal help.

Groete
Gerrie

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Wed Feb 29, 2012 2:20 pm
by Hugo
Waar is jy Gerrie?

Re: Fallow Deer Gesoek vir jag.

Posted: Wed Feb 29, 2012 2:32 pm
by SV MAD (Henk)
Hugo wrote: Waar is jy Gerrie?
Hy noem in sy vorige posts dat dit Wellington, Weskaap is