Page 1 of 1

Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 9:12 am
by Armand Steenkamp
More manne. Glo iemand dal mmy hier op die regte pad kan sit. Ek wil n geweer koop watse loop uitgeskiet is met die idee om later n geweer op die aksie te bou. Hoe maak n man? Die idiaal is mos maar laat man die aksie by jou hou tot op n dag waneer die planete oplyn en jy kan begin bou?
Hoe werk die storie? Moet ek eers vir die geweer aansoek doen en hom op my naam kry of is dot nie nodig nie? Kan n geweersmid die pyp afhaal en laat vernietig en dan van jy net die aksie? Ek het n gevoel dit is nie so maklik nie?

Groetnis

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 11:09 am
by Capt. Yoda
As jy hom by jou wil hou sal jy n kaart vir hom nodig he, met of sonder loop op

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 12:21 pm
by Geno
Aksie op sy eie - main firearm component = lisensie
Loop op sy eie - main firearm component = lisensie

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 1:01 pm
by Capt. Yoda
No free lunch

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 1:22 pm
by Armand Steenkamp
Geno wrote: Sun Oct 27, 2024 12:21 pm Aksie op sy eie - main firearm component = lisensie
Loop op sy eie - main firearm component = lisensie
Hoe sal n man n aksie motifeer?

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 1:35 pm
by tripodmvr
Koop liefs die hele geweer as dit 'n kaliber is wat jy nog nie het nie.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 1:38 pm
by Armand Steenkamp
tripodmvr wrote: Sun Oct 27, 2024 1:35 pm Koop liefs die hele geweer as dit 'n kaliber is wat jy nog nie het nie.
Oom Driepoot dit sal my 4de geweer in daai spesefieke kaliber wees...

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 2:21 pm
by tripodmvr
Dan moet jy vêr gaan soek met die motivering.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 3:56 pm
by Capt. Yoda
Hoeveel 243s het Geno?

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 5:16 pm
by Ds J
Die laaste nuus was dat loopvervangjngs se aansoeke weer goedgekeur word. Dit beteken jy koop die geweer met die onbruikbare loop en vervang net die loop.

Of, as dit vir jou meer oor die aksie gaan, kan jy dalk êrens 'n aksie koop en lisensieer, dan koop jy later nog 'n nuwe loop by.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 5:24 pm
by Armand Steenkamp
Ek wil n geweer met n uitgeskiete loop koop en dan die aksie gebruik om n ander kaliber te bou..

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 8:15 pm
by JPS
Jy gaan die geweer moet lisensieer.
Dan gaan jy die loop moet koop en lisensieer
Dan gaan jy aansoek deur geweersmit moet doen om loop te vervang en kaliber te verandering te doen.
Waneer geweersmit die geweer gebou het gaan jy die geweer moet lisensieer.
Of dis hoe dit tot redelik onlangs was.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 8:16 pm
by JPS
.

Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 10:27 pm
by Geno
Capt. Yoda wrote:Hoeveel 243s het Geno?
Dalk te veel, maar steeds nie genoeg nie.
Hoeveel gholfstokke het jy?

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Sun Oct 27, 2024 10:52 pm
by Capt. Yoda
Hahaha

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Mon Oct 28, 2024 6:52 am
by obasch
tripodmvr wrote: Sun Oct 27, 2024 2:21 pm Dan moet jy vêr gaan soek met die motivering.
Kobus van JRM of Riaan van Ranyati sal jou help met motiverings.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Mon Oct 28, 2024 7:56 am
by Pappabeer
Hoekom wil jy die aksie by jou hou Armand?

Die pad van minste weerstand is dat die verkoper die geweer oordra na jou wapensmid se naam. Alles gebeur dan op sy boeke en jy doen aansoek vir n geweer wat klaar gebou is met n normale SAP271.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Mon Oct 28, 2024 8:54 am
by Armand Steenkamp
Pappabeer wrote: Mon Oct 28, 2024 7:56 am Hoekom wil jy die aksie by jou hou Armand?

Die pad van minste weerstand is dat die verkoper die geweer oordra na jou wapensmid se naam. Alles gebeur dan op sy boeke en jy doen aansoek vir n geweer wat klaar gebou is met n normale SAP271.
Man die idee was gewees as die aksie by ky le kan hy maar n jaar of 2 le of tot waneer ek geld het vir die projek. Maar daai wat jy nou nog klink my soos die heel maklikste

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 12:57 pm
by Giepie
Armand en andere, ek het vir Frans Odendaal by Eagle Barrels gebel. Volgens hom kan mens die ou loop van die geweer afhaal en dan by stoor 13 ingee vir vernietiging, hulle deregistreer die lisensie dan. So jy vat net die loop in. Volgens hom sal hulle by polisiestasies dalk vra vir die aksie ook, maar dit is as hulle vol nonsens is.

Die wat dalk weet, waar is Stoor 13 in Pretoria?

Die proses daarna is dan om die loop te koop en te lisensieer.

Ek sal kyk of ek oor so 'n week die loop kan laat afhaal en ingee. Ek sal dan terugvoer gee oor dit.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 2:45 pm
by Gian_dP
Geno wrote:Aksie op sy eie - main firearm component = lisensie
Loop op sy eie - main firearm component = lisensie
Giepie wrote:Armand en andere, ek het vir Frans Odendaal by Eagle Barrels gebel. Volgens hom kan mens die ou loop van die geweer afhaal en dan by stoor 13 ingee vir vernietiging, hulle deregistreer die lisensie dan. So jy vat net die loop in. Volgens hom sal hulle by polisiestasies dalk vra vir die aksie ook, maar dit is as hulle vol nonsens is.

Die wat dalk weet, waar is Stoor 13 in Pretoria?

Die proses daarna is dan om die loop te koop en te lisensieer.

Ek sal kyk of ek oor so 'n week die loop kan laat afhaal en ingee. Ek sal dan terugvoer gee oor dit.
Soos Geno se, loop en/of aksie op hulle eie het lisensie nodig. So, die lisensie behoort steeds geldig te bly vir die aksie al haal jy die loop af.
Jy sal waarskynlik nr op aksie moet aanbring as nr op loop was. Die grootste hoofpyn is dat die Vuurwapenwet nie duidelike voorsiening vir al hierdie opsies gee nie.

ImageImage

Sent from my SM-S921B using Tapatalk


Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 3:11 pm
by Giepie
Eish, dankie Gian. Hulle wil dit nou maar vir ons moeilik maak. Ek was onder die indruk dat net die loop gelisensieer word, duidelik was ek verkeerd. :):

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 3:34 pm
by Capt. Yoda
Pasop maar om “veranderinge” op n wapen aan te bring soos die loop self af te haal en te wil gaan in gee. Vat die hele ding na jou GS toe laat hy die werk doen en betaal hom

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 8:02 pm
by JPS
Giepie wrote: Wed Oct 30, 2024 12:57 pm Armand en andere, ek het vir Frans Odendaal by Eagle Barrels gebel. Volgens hom kan mens die ou loop van die geweer afhaal en dan by stoor 13 ingee vir vernietiging, hulle deregistreer die lisensie dan. So jy vat net die loop in. Volgens hom sal hulle by polisiestasies dalk vra vir die aksie ook, maar dit is as hulle vol nonsens is.

Die wat dalk weet, waar is Stoor 13 in Pretoria?

Die proses daarna is dan om die loop te koop en te lisensieer.

Ek sal kyk of ek oor so 'n week die loop kan laat afhaal en ingee. Ek sal dan terugvoer gee oor dit.
Giepie, elke Saps stasie het ‘n “stoor” 13.

Ons het in die ou dae verwys na die 13B stoor as die Bier stoor. Sjebeen wat se bier gekonfiskeer is, is in die 13B gestoor.

Re: Raad met doner geweer....

Posted: Wed Oct 30, 2024 9:00 pm
by Lategan1
…en dit was ook die laaste sien van die blikkantien… die jare toe sjebeens minder lewensvatbaar was!!

:police:

Beste.