P14 ERA aksie aanpas vir 375h&h
Posted: Fri Oct 25, 2024 1:01 pm
Ek gaan nou begin met die verandering van my P14 303 na 375h&h. Ek beplan om die loop by Eagle Barrels te kry en deur hulle ook die kaliber verandering te laat doen. Ek wil 'n 24" semi bull barrel loop laat opsit. As ek dit later korter wil maak kan ek. Die dun lope op 'n 375 lyk nie vir my reg nie, en dit gee bietjie meer gewig vir die recoil.
Op die aksie het ek 'n paar vrae. Hoekom verander hulle die "dog leg"? Die selfde oor die "guppy belly"? Is dit net vir mooier lyk, of wat se verskil in gebruik sal dit hê.
Oor die reguit maak van die onderkant, ek sou verkies om soveel moontlik patrone daar te kan inpas, vir ingeval daar 'n geleentheid is om 'n gevaarlike dier te skiet, dan wil ek nie nodig hê om te moet herlaai uit 'n bandolier nie.
Dit lyk of hulle ook aan die veligheidsknip verander, hoekom doen hulle dit? Ek het reeds 'n Thor sneller sneller vir die geweer.
Nou die kolf - Lyk my die invoerders van Boyds kolwe in SA het opgedroog, en ek sien nie meer kans vir die self invoer nie. Ek kan 'n walnut blank kry, ook gelamineerde blanks. Vir die mooi soek ek die walnut, met 'n classic styl. Hoekom sal 'n gelamineerde beter of mooier wees? Ek soek eerste werkverrigting, dan hoe dit lyk.
Die wat ervaring het van so iets, ek leer graag by julle.