Page 1 of 1

Seekoeitande?

Posted: Wed Oct 23, 2024 10:06 pm
by Ds J
Goeienaand Jaracal,

Waar kry 'n mens 'n seekoeitand te koop?

Is dit wettig?

Ek wil vir my kinders elkeen 'n jagmes maak met 'n ivoorhef.

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 6:33 am
by jdpretorius
Jy soek nou na iets so skaars soos hoedertande
Wat dalk van kameelperd been ?

Laaaank terug wou ek n lekker skinner hê, en ook die ivoor roete gaan, met die gedagte om checkering op dit te doen.....en het op die ou ent inlays gedoen van vlakvark tande.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 7:06 am
by Ds J
;) ;)

Ek het werklik nie gedink dat dit so 'n skaars item sou wees nie. Dit was totdat ek vir dr Google gevra het, en dan sien n mens hoeveel van ons SA tande in die buiteland gesmous word!

Kameelperdbeen kan ook 'n mootlikheid wees, maar in daardie geval kan 'n bees of buffel of eland se been ook goed werk.

Dit is gelukkig nie dringend nie, daar is nog n paar ander projekte om af te handel.

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 7:42 am
by Dash431
Eenvoudige oplossing… Gaan skiet een! Dan het jy die tande, en mense daai vleis maak lekker wildspasteitjies!

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 8:03 am
by Johan Nel
Ds J wrote: Wed Oct 23, 2024 10:06 pm Goeienaand Jaracal,

Waar kry 'n mens 'n seekoeitand te koop?

Is dit wettig?

Ek wil vir my kinders elkeen 'n jagmes maak met 'n ivoorhef.
Ds J,
Mens kan ivoor en seekoeitand by Mpumalanga Parks Board koop. Daar is 'n spesifieke persoon wat daarmee werk. Dit kom met die nodige permitte. Daar was sprake van wysigings in die proses, iets te doen met CITES, maar ek het nie inligting nie. Hierdie is by hul kantore in Nelspruit. Ek sal die kontakbesonderhede probeer kry, dan DM ek dit vir jou.

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 9:03 am
by Riaan Kriel
Ds J wrote: Wed Oct 23, 2024 10:06 pm Goeienaand Jaracal,

Waar kry 'n mens 'n seekoeitand te koop?

Is dit wettig?

Ek wil vir my kinders elkeen 'n jagmes maak met 'n ivoorhef.
As die doel is dat dit spesifiek Seekoei-ivoor moet wees kan ek verstaan dat jy spesifiek daarna soek. As dit is om 'n jagmes te maak met 'n ivoor/been hef is daar baie opsies soos reeds gemeld van bv. kameelperdbeen.. Stella en die omgewing daar rond is vol vlakvarke en hulle word meesal as 'n plaag beskou... Gaan soek na "trofee" vlakvarke en gebruik daardie tande... Dan is daar darem 'n paar lekker jagdae ook ingewerk om die regte/geskikte vlakvarke te kry met tande wat geskik sal wees om te dien as meshef ;)

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 9:17 am
by Capt. Yoda
Maklikste is vlarkvark tande, seekoei tand is ogelooflik hard en bars somer uit mekaar uit

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 10:10 am
by Ds J
Baie dankie vir die voorstelle, ek sal verder soek. Daar is darem nog baie tyd.

My ma is 'n goudsmid en ek het genoeg met vlakvarktande gewerk, maar as die regte varkie aanmeld kan dit dalk werk.

Re: Seekoeitande?

Posted: Thu Oct 24, 2024 11:39 am
by heywillie
Ek vir jou 'n whatsapp gestuur, het 'n kameelperd been sou jy belangstel.

Re: Seekoeitande?

Posted: Sat Oct 26, 2024 1:30 pm
by Johan Nel
Ds J, ek het vir jou die besonderhede aangestuur per DM van iemand wat jou kan help met seekoeitand.

Re: Seekoeitande?

Posted: Sat Oct 26, 2024 3:18 pm
by Ds J
Baie dankie vir die voorstelle en gedagtes, ek het reggekom met 'n hele kameelperdbeen, en 'n baie goeie kontak vir seekoeitande.