Page 1 of 1

Kort loop .223 Rem

Posted: Wed Oct 16, 2024 1:01 pm
by Frikkie dei Rot
Goeiemiddag almal,

Ek is opsoek na n 223 Rem met n kort loop om te dien as my bakkie geweer. Weet julle dalk watter gewere mens van die rak af kan gaan koop wat kort en lig is?

Is daar in julle opinie enige nadele aan so n geweer?

Dankie vir julle insette.

Groetnis,
Frikkie

Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Wed Oct 16, 2024 1:27 pm
by Toyrsi
Howa maak n 223 met n 20" loop.

Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Wed Oct 16, 2024 4:30 pm
by Ratel
Wat van AR met 16 duim loop.

Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Thu Oct 17, 2024 8:33 pm
by Silwer
Die ruger american ranch 223 kan dalk lekker werk. Dit het 'n 16 duim loop en gebruik ar magasyne. Die 16 duim loop los spasie vir 'n knaldemper sonder om die geweer te lank te maak.
Anders kry jy die howa mini aksie met 'n 20 duim loop. Ek het so 3 weke terug vir my vrou een gekoop. Netjiese roertjie.
RUGER-5.56-AMERICAN-RANCH-26965.jpg
20240923_161237.jpg
Sent from my SM-A325F using Tapatalk


Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Thu Oct 17, 2024 10:01 pm
by Gideon S
Jy kan gerus ook kyk na die CZ Ergo met 20” loop en baie lig. Ek het twee in my kluis vir my vrou en 8 jarige seuntjie en beide is baie akkuraat uit die boks uit. Kom met mini rail, verstelbare sneller en los 5-skoot magasyn. Ideaal vir ‘n bakkie geweer.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Mon Oct 21, 2024 7:34 am
by Frikkie dei Rot
Baie dankie almal!

Ek dink daardie Ruger sal perfek werk. Nou moet ek begin soek vir een en dan vir mamma sidestep!

Lekker week vir almal!

Re: Kort loop .223 Rem

Posted: Tue Oct 22, 2024 8:12 pm
by Silwer
Hoor dalk by Camdix wapens.Image

Sent from my SM-A325F using Tapatalk