Page 1 of 1
Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 8:24 am
by Eight
Ek sien Savuti Arms het Howa 7mm PRC’s ingekry met 28 duim lope wat 24mm krone het. Weet iemand of die barelled actions van Howa af so kom?
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 8:42 am
by Toyrsi
Hi Eight.
As ek mag vra waar jy dit gesien?
Groete
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 8:47 am
by Geno
Die Howa invoerders het my gister die gestuur:

Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 9:05 am
by Eight
Toyrsi wrote: Tue Oct 15, 2024 8:42 am
Hi Eight.
As ek mag vra waar jy dit gesien?
Groete
Savuti Arms het op hul whatsapp groep n ad uitgestuur.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 9:07 am
by Eight
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 8:47 am
Die Howa invoerders het my gister die gestuur:
Dankie Geno, dit lyk goed. Wens net hulle wil groter diameter draad sny op lope of dit liewer net los.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 11:39 am
by Gerhardu
Eight wrote: Tue Oct 15, 2024 8:24 am
Ek sien Savuti Arms het Howa 7mm PRC’s ingekry met 28 duim lope wat 24mm krone het. Weet iemand of die barelled actions van Howa af so kom?
Dit het Sneeuberg lope op. MTU profiel. 27K.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 12:31 pm
by Eight
Dankie Gerhardu, wat os die algemene konsensus rondom sneeuberg lope? Skiet hulle?
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 3:17 pm
by Martiens Bekker
Eight wrote: Tue Oct 15, 2024 12:31 pm
Dankie Gerhardu, wat os die algemene konsensus rondom sneeuberg lope? Skiet hulle?
Na paar lope hier in my skiet kringe het ons tot die konsensus gekom dat 6.5mm en groter is orraait. 6mm en .224 bly maar weg. Maar dis maar weereens 'n moeilike vraag omdat een ou uit sy vel is met 'n 40mm groepering op 300m en die ander wil die loop weg gooi wat so skiet.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 3:37 pm
by Capt. Yoda
Wat kos so snowie nou al? Die paar 30 kalibers wat ek van weet skiet nogals mooi
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 3:40 pm
by Eight
Ek dink die maklikste is om dit maar in MOA terme te meet. As n loop 0.5MOA skiet sal ek se is dit voldoende vir 90% van die populasie. Skiet hulle darem daar rond vir 5 skote?
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 3:48 pm
by Martiens Bekker
In MOA terme sal ek sê 0.5 na 0.75 behoort jy uit hulle te kry.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 4:22 pm
by JAGTERSREG-JRM
6mm Arc 6.5 Grendel en 7mm PRC kom Januarie 2025 . 22 Arc kom eers heelwat later
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Tue Oct 15, 2024 4:49 pm
by Eight
Kom die 6 ARC en 22 ARC net in die mini aksies of in die kort aksie ook?
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Wed Oct 16, 2024 7:06 am
by JAGTERSREG-JRM
Eight wrote: Tue Oct 15, 2024 4:49 pm
Kom die 6 ARC en 22 ARC net in die mini aksies of in die kort aksie ook?
Nie 100% seker nie vermoed sal net mini aksie wees
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Wed Oct 16, 2024 8:18 am
by Eight
Kan die mini aksie dieselfde hoeveelheid druk hanteer as die gewone aksies? Ek sien die ARC’s se AR ammo se maks druk is 52000psi en in slotaksie kan jy gaan tot 62000psi. Wonder net of die mini aksie 62000psi kan hanteer.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Wed Oct 16, 2024 11:15 am
by Andre308
Eight wrote: Wed Oct 16, 2024 8:18 am
Kan die mini aksie dieselfde hoeveelheid druk hanteer as die gewone aksies? Ek sien die ARC’s se AR ammo se maks druk is 52000psi en in slotaksie kan jy gaan tot 62000psi. Wonder net of die mini aksie 62000psi kan hanteer.
Die Howa mini aksie is net so groot soos die ander Howa aksies, behalwe dat hy korter is as die kort aksie waarin die 308win ens in kom.
So ja, hy kan die druk hanteer wat SAAMI spec.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Fri Oct 18, 2024 12:14 am
by JacquesSAKO.308
Eight wrote:Dankie Gerhardu, wat os die algemene konsensus rondom sneeuberg lope? Skiet hulle?
Ek het ń sneeuberg op en hy skiet briljant. Dis die .308 wat ek adverteer op die groep. Ek sal in die toekoms op die ander roere ook sneeuberg opsit
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Fri Oct 18, 2024 5:58 am
by Nico Harris
Andre308 wrote: Wed Oct 16, 2024 11:15 am
Eight wrote: Wed Oct 16, 2024 8:18 am
Kan die mini aksie dieselfde hoeveelheid druk hanteer as die gewone aksies? Ek sien die ARC’s se AR ammo se maks druk is 52000psi en in slotaksie kan jy gaan tot 62000psi. Wonder net of die mini aksie 62000psi kan hanteer.
Die Howa mini aksie is net so groot soos die ander Howa aksies, behalwe dat hy korter is as die kort aksie waarin die 308win ens in kom.
So ja, hy kan die druk hanteer wat SAAMI spec.
Hierdie is nie korrek nie. Howa mini aksie is kleiner in alle opsigte. Hy kan ook net n maks druk van 55k psi hanteer.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Fri Oct 18, 2024 6:31 pm
by J le Roux
Ek merk maar net op dat die advertensie na 26dm loop verwys.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Sun Oct 20, 2024 10:50 am
by BeesBreet
Eight wrote:Ek sien Savuti Arms het Howa 7mm PRC’s ingekry met 28 duim lope wat 24mm krone het. Weet iemand of die barelled actions van Howa af so kom?
Ek sien groot verwarring… hier is die advertensie wat Eight na verwys…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Sun Oct 20, 2024 6:25 pm
by jager
Ek was nogals opgewonde hieroor, maar vir 27k vir 'n Howa barrelled action kan hulle dit maar eerder hou. As jy 'n chassis of kolf en beter sneller byvoeg begin jy naby aan Sako geld kom.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Sun Oct 20, 2024 7:04 pm
by Eight
Ek hou van die looplengte en profiel en as jy klein bietjie aan daai Howa sneller werk is hy baie mooi. Ek is net bietjie onseker oor hoe hulle gaan skiet. Sal interessant wees om te hoor as die ouens hulle kry en terugvoer gee.
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Sun Oct 20, 2024 8:21 pm
by Apie
jager wrote:Ek was nogals opgewonde hieroor, maar vir 27k vir 'n Howa barrelled action kan hulle dit maar eerder hou. As jy 'n chassis of kolf en beter sneller byvoeg begin jy naby aan Sako geld kom.
Daar is ‘n chassis klaar op…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Sun Oct 20, 2024 8:23 pm
by JacquesSAKO.308
Apie wrote:jager wrote:Ek was nogals opgewonde hieroor, maar vir 27k vir 'n Howa barrelled action kan hulle dit maar eerder hou. As jy 'n chassis of kolf en beter sneller byvoeg begin jy naby aan Sako geld kom.
Daar is ‘n chassis klaar op…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nie ingesluit op prys nie....
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Howa 7 PRC 28 duim dik loop
Posted: Mon Oct 21, 2024 6:53 am
by Apie
JacquesSAKO.308 wrote:Apie wrote:jager wrote:Ek was nogals opgewonde hieroor, maar vir 27k vir 'n Howa barrelled action kan hulle dit maar eerder hou. As jy 'n chassis of kolf en beter sneller byvoeg begin jy naby aan Sako geld kom.
Daar is ‘n chassis klaar op…
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nie ingesluit op prys nie....
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Ek moet dalk net MOOI lees…
Sent from my iPhone using Tapatalk