Page 1 of 1

Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Sun Oct 06, 2024 6:13 pm
by JacquesSAKO.308
Hi manne,

As ek doppe gloei en tempilaq gebruik, waar moet die tempilaq op die dop geverf word?

Groetnis

Sent from my SM-S901E using Tapatalk


Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Mon Oct 07, 2024 8:07 am
by alecjohnson
Ek het opgehou tempilaq gebruik en die goed weggegee, want ek het nie konstante resultate gekry nie, dalk oor ek onervare en onbevoeg was toe, maar ek kry beter resultate deur tans die kleur verandering van die dop te kyk. Toe ek gebruik het, het ek dit gesit net onder die skouer van my 243 doppe. 375/300wm so 1.5 cm onder skouer 458, 222 nooit ge tempilaq.

Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:43 am
by Capt. Yoda
475 moet jy so cm of so onder die skouer sit

Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Mon Oct 07, 2024 9:59 am
by Toyrsi
Soos Capt se. Ek sit myne ook so 10mm onder die skouer.

Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Tue Oct 08, 2024 12:11 pm
by HeinM
Omtrent 10mm onder die skouer van die dop. As die punt van die blouvlam op die nek gefokus is, neem dit omtrent 9 sekondes vir die indikator om van kleur te verander.
Dit maak 'n lelike merk op die dop, maar dis goed om jou tydsgleuf te bepaal.

Groetnis!

Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Tue Oct 08, 2024 7:24 pm
by Pvdw
Ek dink daai goed is uit die bose en het geen waarde nie. As jy die dop lank genoeg met 'n BIC lighter warm maak sal die Tempilaq steeds verander al is daai dop nie naby anealing temp nie.

Maak jou doppe mooi skoon.
Sit in 'n donker kamer as jy begin uitgloei.
Posisioneer daai klein skerp vlammetjie binne in die groot vlam op die deel waar die nek en skouer bymekaar kom.
Verhit die dop totdat jy die 1ste moontlike teken van rooi gloei van die dop sien.
Verwyder die dop uit die vlam en doen die volgende 1.
Kyk op 'n stophorlosie hoe lank dit neem en sit die lig aan en herhaal dit elke keer volgens tyd.

Re: Waar om Tempilaq 475 op te sit?

Posted: Wed Oct 09, 2024 1:05 pm
by Freddie101
Stem saam met vorige skrywe. Het my tempilac ook al jare terug weggegooi. Doen al jare net in verdonkerte kamer en laat ook nie in water val. Sover nog geen probleme na honderde doppe. Laat ook nie in water val nie.
Groetnis