Oorskakeling na "pre-paid" elektrisiteit - uitdagings
Posted: Sun Sep 29, 2024 7:52 am
Goeiemôre almal,
Deesdae hoor ek van talle huishoudings wat van gewone kragverskaffing ("post-paid") na "pre-paid" oorgeskakel het en dan maande lank sukkel (City of Johannesburg in hierdie geval) om hul maandelikse munisipale rekening dienooreenkomstig op datum te kry. Owerhede hou eenvoudig aan om die verbruiker te laat betaal asof die oorskakeling nie gebeur het nie dmv geskatte verbruik wat op die daaropvolgende rekeninge aangedui word. Party mense sukkel selfs langer as 6 maande om hul rekeninge te laat regstel en moet talle kere die munisipale kantore en/of City Power se kantore gaan besoek om die probleem op te los.
Het julle dalk dieselfde probleme ervaar en wat kan mense doen wat oorskakeling beplan of dit onlangs gedoen het om die probleem vinnig in 'n blik te druk? Ja, mens kan eenvoudig nie die elektrisiteitsgedeelte op jou maandelikse rekening betaal nie, maar tog moet dit uiteindelik uitgesorteer word.
Sal graag wil hoor hoe dit gaan met ander verbruikers in die verband.
Tweedens, wat is jul ondervinding by SARS as jul 25% van solarpanele se kostes vir 2023/24 belastingjaar eis? Is hulle vinnig om die eis toe te staan en uitbetaling te doen? Is daar dalk ander implikasies as die eis ingedien word soos verdere oudit, ens?