Page 1 of 1
Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Fri Sep 20, 2024 11:16 am
by HeinM
Hallo almal
'n Vriend wil 'n 7-08 fabrieksgeweer koop. Hy hou van puik kwaliteit - soos Sako en Tikka, maar hulle vervaardig nie hierdie kaliber nie... Geld is nie 'n groot struikelblok nie.
Watter ander beskikbare opsies is daar? Hy kyk wel na die nuwe Musgrave, maar volgens hom is die aksies nie so seepglad soos wat hy dit wil hê nie...
Hoor graag...
Mooi Vrydag waar ook al julle is
Hein M
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Fri Sep 20, 2024 11:46 am
by Danielkrynauw
Hallo Hein
Sover ek weet maak tikka ‘n 7mm-08…
https://www.habitatafrica.co.za/product ... -cerakote/
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Fri Sep 20, 2024 12:08 pm
by Geno
Ek kan 'n Sako 85 verskaf. Ek Whatsapp jou
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Fri Sep 20, 2024 5:16 pm
by Mellies
HeinM wrote: Fri Sep 20, 2024 11:16 am
Hallo almal
'n Vriend wil 'n 7-08 fabrieksgeweer koop. Hy hou van puik kwaliteit - soos Sako en Tikka, maar hulle vervaardig nie hierdie kaliber nie... Geld is nie 'n groot struikelblok nie.
Watter ander beskikbare opsies is daar? Hy kyk wel na die nuwe Musgrave, maar volgens hom is die aksies nie so seepglad soos wat hy dit wil hê nie...
Hoor graag...
Mooi Vrydag waar ook al julle is
Hein M
Beide Sako en Tikka vervaardig roere in 7-08 Rem.
Euro Optic Africa het op n stadium n Christiansen Arms Ridgeline in 7-08 gehad. Sal seker weer so iets kan kry vir jou.
Persoonlik sal ek na n Sako kyk as ek weer moet koop.
Met n vleisie...
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Sat Sep 21, 2024 7:00 am
by wjdel
Sako en Tikka vervaardig wel 7-08 in MAAR gaan blykbaar nie in nabye toekoms na SA stuur nie. Dis die storie wat via handelaar via die invoerder kom. Dis jammer want ek is n groot Tikka volgeling. Enter Musgrave of daar iemand wat weet van n T3x Hunter in bg kaliber?
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Sat Sep 21, 2024 7:30 am
by Mellies
Bergara het ook klomp smart opsies.
Met n vleisie...
Re: Nuwe 7-08 Fabrikate
Posted: Sat Sep 21, 2024 8:35 am
by Capt. Yoda
Daai roer wat Geno het is bitter smart