Page 1 of 1

ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 10:49 am
by Albe Geldenhuys
Goeie more mense

Ek is in die mark vir n nuwe geweer en ek weet nie wat om te kies nie.Die mense vir wie ek nou al gevra oor opsies verskil almal van mekaar.

Ek is opsoek na iets tussen my 308 howa 1500 en 222 rem sako. Die kalibers waarna ek kyk is 6.5CM of 270 Win. Die geweer se doel gaan meestal wees n baan geweer maar ek wil darm ook n springbok op 300- 400m kan skiet en idien moontlik met n ligter punt bv 95 gr vmax jakkals jag by my op die plaas.

Die idee is 2 verskillende punte bv.120-140gr vir lang afstand gongs en springbokke en 95 gr - 110gr vmax punte vir die jakkals jag.

Groete

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 12:03 pm
by Mellies
Klink of jy n 6mm met stywe twist nodig het...

Met n vleisie...

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 12:06 pm
by Ratel
Wat van 243 AI dalk. Ek weet jy kyk na 6.5 en 270.

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 12:19 pm
by Martiens Bekker
Tikka 243 met 1-8" twist. Skiet 70gr punte vir jakkals en 105gr vir die baan.

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 12:25 pm
by Capt. Yoda
Albe Geldenhuys wrote: Wed Sep 11, 2024 10:49 am Goeie more mense

Ek is in die mark vir n nuwe geweer en ek weet nie wat om te kies nie.Die mense vir wie ek nou al gevra oor opsies verskil almal van mekaar.

Ek is opsoek na iets tussen my 308 howa 1500 en 222 rem sako. Die kalibers waarna ek kyk is 6.5CM of 270 Win. Die geweer se doel gaan meestal wees n baan geweer maar ek wil darm ook n springbok op 300- 400m kan skiet en idien moontlik met n ligter punt bv 95 gr vmax jakkals jag by my op die plaas.

Die idee is 2 verskillende punte bv.120-140gr vir lang afstand gongs en springbokke en 95 gr - 110gr vmax punte vir die jakkals jag.

Groete
270 se koel keuse gaan jou beperk met wat jy wil doen.
Tussen die 2 sal die 6.5Manbun die beter opsie wees maar soos Mellies se is daar altyd n vinnige twist 6Creedmoor ook

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 12:35 pm
by jdpretorius
Die 6.5 PRC vergelyk baie goed met die 270, maar dink die 270 kan n raps swaarder koeëls skiet, en dalk nog meer so met die nuwe 6.8 Western wat beter BC koeëls dryf.
Kyk dalk ook na Ron Spomer se goed op youtube, ek dink hy het op n kol die vergelyking gemaak.

As jy n 270 met n 1:9 twist loop kan kry sal hy lekker g@t skop.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 2:13 pm
by Dawie Malan
Is dit Albe, die driekamper van Kommetjie?

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Wed Sep 11, 2024 9:38 pm
by joe rocket
308 groepeer met spykers, maar vir jou doeleindes is n 6.5 needmoor die ding. Gonge skiet en jag 400m en verder. Loop lewe meer as genoeg vreugdevolle skote.

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Thu Sep 12, 2024 5:20 am
by Klein Chris
As n 6.5 jou aandag trek is die ou skool 6.5x55 dalk n opsie

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Thu Sep 12, 2024 7:49 am
by Geno
Boys van wanneer af het man 'n 6.5mm nodig vir jakkalse en springbokke?
Die ou kort 'n .243, en die Tikka agente bring hulle nou in met 1:8" twist lope.
Laai hom 'n 80gr Hornady ELD-VT teen 3300fps net voor die donut en jy skiet gonge, jakkalse en bokke. Klaargepraat, oor en uit.

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Thu Sep 12, 2024 8:13 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Thu Sep 12, 2024 7:49 am Boys van wanneer af het man 'n 6.5mm nodig vir jakkalse en springbokke?
Die ou kort 'n .243, en die Tikka agente bring hulle nou in met 1:8" twist lope.
Laai hom 'n 80gr Hornady ELD-VT teen 3300fps net voor die donut en jy skiet gonge, jakkalse en bokke. Klaargepraat, oor en uit.
Kalem my lam!

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Thu Sep 12, 2024 8:17 am
by CarelG
Geno wrote: Thu Sep 12, 2024 7:49 am Boys van wanneer af het man 'n 6.5mm nodig vir jakkalse en springbokke?
Die ou kort 'n .243, en die Tikka agente bring hulle nou in met 1:8" twist lope.
Laai hom 'n 80gr Hornady ELD-VT teen 3300fps net voor die donut en jy skiet gonge, jakkalse en bokke. Klaargepraat, oor en uit.
Vat so!

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Fri Sep 13, 2024 8:24 am
by Albe Geldenhuys
BAIE DANKIE vir almal se raad gaan kyk vir n 6mm 8twist 28" loop warbird knaldemper met n vortex venom 5-25x 56 is dit voldoende of sou julle net n stock standerd 6mm met 22" loop voorstel?

Groete Albe

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Fri Sep 13, 2024 8:41 am
by Leon Crous
viewtopic.php?t=91127
75gr V-max (@ 3500+ voete) of die ELD-VT soos die baas noem vir jakkelse en 90-100gr (@ 3200+) punt van jou keuse vir Springbokke en Blesse.
90-95gr punte teen daai spoed werk ook baie lekker vir gonge tot redelik wyd...
Cheers.

Re: ek is in die mark vir n nuwe geweer

Posted: Fri Sep 13, 2024 4:57 pm
by Apie
Martiens Bekker wrote:Tikka 243 met 1-8" twist. Skiet 70gr punte vir jakkals en 105gr vir die baan.
Stem

Sent from my iPhone using Tapatalk