Page 1 of 1
Jou jag rugsak
Posted: Tue Sep 10, 2024 4:47 pm
by JohanvB
Watter tipe jag rugsak gebruik jy?
Sien daar is groot verskeidenheid, die wat NIE ‘n ordentlike heup belt het nie staan my nie aan nie, skoolgeld is betaal..
Ja, dag jagsak of 30liter is seker groot genoeg…
Ek lees graag jul opinies..
Dankie
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 12:17 pm
by JohanvB
Stap julle manne dan met checkers sakke inni veld??
Of is julle ‘n spul bakkie jagters!
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 12:41 pm
by J le Roux
Ek vat maar net 'n klein Camelback vir water, knipmes, selfoon, biltong, stuk opgerolde toiletpapier, paar sweeties en ekstra pattone in my broeksakke.
Rugsak sal vashaak in die doringtakke in die Bosveld, ek sukkel klaar met my groot lyf.
Wat ek wel dink handig sou wees is:
Flits
tou en webbing
rangefinder
Vrugte
koeldrank
as sakkie of water spuitbotteltjie vir wind aanwys.
Plek vir rommel of interessanthede wat mens wil saamvat.
Hierdie kan 'n lekker onderwerp raak.
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 12:47 pm
by alecjohnson
Ek het so lanklaas kon gaan jag, ek wonder tans of ek ekstra rondtes saam dra...
Ek stap maar met die absolute minimum soms nie eens water saamgedra nie.
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 2:17 pm
by Ratel
'n Klein Howling moon rugsak (niks fensie nie) met wit goud om te merk en vir as die natuur roep. Vier half liters water, energy bars, paar lemoene, anti histamine vir bysteek (ongelukkig allergies) vuurhoudjies, flits, paracort en paar ekstra rondtes vir geweer. Mes en handwapen is aan my sy. Het eenkeer koedoe geskiet kort voor donker en dit was 'n neukery sonder flits.
Die kere wat ek gebakkie jag het was dit nie nodig nie.
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 2:46 pm
by Zuku
Beste kopie ooit. 2 L water bottel met drink pyp en 7 L pak spasie by Sniper Africa. Weet nie of hulle dit nog as voorraad het nie.
https://imgur.com/CHpweZE
https://imgur.com/YnnSzoP
https://www.amazon.co.za/Outplea-Tactic ... rts&sr=1-6
Re: Jou jag rugsak
Posted: Wed Sep 11, 2024 9:07 pm
by Cobus(Cobb)
In my rugsakkie
Bottel water 500ml
Guthook CRKT mes
6 Provitas en 2 kaastubies
1 Naartjie 1 appel
1 Energy bar
E-trex , 4 extra rondtes
Aan my
Verkyker, rangefinder, lipice
Cheers
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 12:13 am
by JF123
Ekstra mes
Mes skerpmaak steen
Ekstra patrone
Flits
Warm handskoene
1 paar sokkies
Kopmus
2 liter water
4 energie stafies
Noodhulp (trauma verbande, rek verband, pleisters, skêr, driehoek verbande, gaas)
2 blokkies blits en aansteker
"Space blanket"
Hlawe rol toiletpapier
Dit lyk baie, maar dit is eintlik net die water wat swaar is. Selfs die klein rugsakkie wat ek het is halpad leeg
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 6:21 am
by JohanvB
Dankie manne, maar my vraag was eintlik watter rugsak gebruik jy wat gemaklik is vir jou?
Ek hou van die Sniper Hydro wat Zuku voorgestel het
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 8:32 am
by alecjohnson
JohanvB wrote: Thu Sep 12, 2024 6:21 am
Dankie manne, maar my vraag was eintlik watter rugsak gebruik jy wat gemaklik is vir jou?
Ek hou van die Sniper Hydro wat Zuku voorgestel het
Ek stap sonder 'n rugsak, maar as ek met een sou stap, sal ek met die Anonje 8l stap, sal dit net bitjie met stofmodder smeer. Dis gemaklik, baie lig, en vas teen my dis gemaak om lae profiel te hê
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 8:56 am
by Victor_
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 9:45 am
by JacquesSAKO.308
Ek stap met die Camelbak rugsak. Kan 3 L water vat en kan dan ook nog 8L vat van watokal jy wil insit. Ek haal gewoonlik die watersak uit en sit net ń bottel in.
Sy kant sakke is lekker vir my GPS en klein goed soos insulation tape of my windmeter. Hy het ń klein sak voor waarin ek gewoonlik padkos sit.
Heel voor het hy ń strap sak wat ek gewoonlil gebruik om my baadjie op te rol en daar vas te strap as dit warm word later in die dag.
Hy het ń heup belt en bors beld.
Ek weet nie of Camelbak hulle nog maak nie ek het 3 van hulle ń hele paar jaar terug gekoop op ń uitverkoping vir R500 ń sak. Ek spaar die ander 2 vir as die een eendag op gedra is.
20240912_094036.jpg
20240912_094018.jpg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 12:01 pm
by DaavG
I had a larger backpack - cheapie - which worked for a number of years.
Recently bought a waist pack off Takealot [
https://www.takealot.com/multi-function ... iant=Green] which worked very well. Carries pretty much everything that users have mentioned above, not as hot/sweaty on your back.
I did add an olive green pouch to carry a 750ml water bottle.
Normally out for a morning so don't need a massive pack.
I roll up a jersey onto the top of the waist pack using their straps if I need one.
Re: Jou jag rugsak
Posted: Thu Sep 12, 2024 7:20 pm
by Racoon
Ek gebruik sommer my ou weermag battle jacket. Werk soos n bom, veral omdat hy aparte sakkies/pakplek het en di feit dat di sakkies bereikbaar is sonder dat jy di sak v jou rug hoef af te haal.