Page 1 of 1
Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 7:39 am
by vossie1
More meneere, ek soek bietjie raad.
Ek het die L579 308 sako se loop na 18" laat sny en n silencer op gesit, hy sal hoofsaaklik n bosvark geweer wees met Aimpoint H2 op, ek soek nou na die regte gewig punte vir die roer. Hy sal so af en toe deur my seuns gebruik word vir bosveld jag tot op so 250m rooibok groote wild. Die punte moet nie te duur wees nie maar tog goed genoeg vir die doel soos beskryf. Ek het gedink iets soos n Hornady interlock of Sierra pro hunters in die 150-180gr gewig. Wat is julle voorstelle en as daar iets anders is laatweet gerus.
PS; Ek het nog so 160 nosler 168gr custom comps wat ek miskien kan probeer!! Miskien nie die beste nie maar dink hy sal werk op n vark?
Groete
Vossie
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 9:34 am
by Capt. Yoda
As jy die varke net wil vrek skiet sal enige koel seker werk, ons het baie varke met custom comps in 30.06 en 300WM geskiet en hy skiet n lekker tonnel deur n vark. n 150gr Koel soos n Pro Hunter behoort mooi te werk teen die spoed wat jy gaan skiet, as die nou bosvarke is sou ek dalk iets sterker oorweeg
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 9:52 am
by Geno
Ek skiet gereeld bosvarke met my .243's en 70gr varmint koele, so enige 150gr .30cal koeel sal verseker werk.
My keuse vir 'n allround koeel sou wees SBC 150gr, en as jy iets sagter soek, 150gr Nosler Ballistic Tip
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 10:03 am
by vossie1
Thanks Julle.
Ek dink ek gaan eers daai 168gr Noslers dan gebruik.
Geno wat is die SBC 150gr?
Groete
Vossie
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 10:16 am
by Geno
vossie1 wrote: Tue Sep 10, 2024 10:03 am
Geno wat is die SBC 150gr?
viewtopic.php?t=85927
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 10:20 am
by vossie1
Thanks man, ek sal vir Rudi kontak.
Re: Sako L579 308win
Posted: Tue Sep 10, 2024 10:20 am
by Capt. Yoda
Teen wat mens vir die goedkoper koels al betaal sou ek ook klaar Rudi se 150gr koels gekoop het
Re: Sako L579 308win
Posted: Wed Sep 11, 2024 8:37 am
by vossie1
Thanks Julle.
My eeste pakkie 150gr's van Rudi is oppad.
Groete
Re: Sako L579 308win
Posted: Wed Sep 11, 2024 10:15 am
by Lategan1
vossie1 wrote: Wed Sep 11, 2024 8:37 am
Thanks Julle.
My eeste pakkie 150gr's van Rudi is oppad.
Groete
Net op sien en hoor, sonder om al self te probeer het, goeie besluit volgens jou gelyste behoefte.
Laat weet!
Beste.
Re: Sako L579 308win
Posted: Thu Sep 12, 2024 7:00 pm
by Pappabeer
Vossie ek het meeste van my bosvarke met 150gr Nosler BT Hunting koeele teen so 2650 fps geskiet uit n .308 Tikka CTR met 22” loop. Ek het n paar bokke daarmee ook geskiet en alles was dood met n goed geplaasde skoot. Safari het hulle n klomp jaar terug in 500ct emmers verkoop teen R2-60 per koeel. Natuurlik werk enige premium koeel wat akkuraat is goed.
Dis een van die voordele van die gradeboog is dat hy stadig genoeg is dat sagte koeele werk
Re: Sako L579 308win
Posted: Fri Sep 13, 2024 7:48 am
by vossie1
Thanks Dewald, ek gaan die noslers gebruik, ek het nou n pakkie van Rudi se koele gekry gaan hulle ook gebruik maar meer vir jag as bosvark skiet.