Page 1 of 1
Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 1:24 pm
by Dolf014
Hallo Vriende.
Ek het die seisoen twee langerige skote(volgens my) vanaf skiet stokke geskiet.
Die eerste een was op n bergskaap op 280m
Tweede een was op n njala op 270m
Ek gebruik die deadhold skietstokke met die twee steun punte.
Tydens Augustus se jag in Natal was ek op n kol bereid om n 375m skoot op n bosbok te vat (ram het nie uit bosse gekom nie). Na die tyd was ek maar eintlik bly; want daai was dalk net n resep vir nonsense aanjaag.
Wat se afstand skiet julle vanaf skietstokke?
Ek soek eintlik net bevestiging; dat ek besig is om my luck te ver te druk

Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 1:52 pm
by tripodmvr
As jy 'n vyfde been aansit kan jy sulke skote begin beproef. Sonder dit sal ek 200-250m as maksimum beskou.
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 2:18 pm
by Lategan1
Ek eens met Tripod se maks.
Wanneer jy wel sit en terugleun met jou rug teen ‘n rots of boom, selfs staan met jou bolyf/rug teen ‘n boom, is dit ongelooflik stabiel. Nog te meer as sneller arm kan rus op iets.
Beste.
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 2:35 pm
by LoopSoosStroop
Ek het het hierdie jaar 200 m skote vananf my gewone DIY twee been skietstok geoefen. Ek sal nie sommer so 'n skoot in die veld skiet sonder 'n addisionele rus of as ek die stok teen iets kan vasdruk nie. 150 m voel beter.
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 2:39 pm
by Wildjagter
Hallo Dolf
Het n selfgeboude skietstok wat op prinsiep van deadhold se twee steunpunte werk (het nie n vyfde been op hom nie) en kon al jakkals op 330m omdop. Maar al heelwat skote oor 200m met hom geskiet met baie gemak en vertroue. Ook al teen n boom geleun (agter my) en dit help baie met stabiliteit soos Lategan noem.
Van daai skote sal ek nie graag wou vat oor gewone voorste rus alleenlik stok nie
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 3:16 pm
by win270
... en dan hang dit seker ook af van jou teleskoop se vermoë.
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 3:54 pm
by heywillie
Ek is gemaklik om nog 'n bok op so 200m van die stokke af te skiet. Bobbejaan sal ek verder druk.
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 4:02 pm
by Capt. Yoda
Ekt nou die jaar die lekker van berg jag besef en eks solid tot so 220m van n miershoop af ma ek wil ook nou n ordentlike “skiet stok” of eintlik n tripod kry met daai sadels bo op. Die plaas waar ons nou jag da teen Gariep is gebou vir so lekker tripod maar wat ek besef het is n scope wat lekker werk vir fklas en gonge en self cruiser jag werk nie da as dinge vinnig gebeur nie
Volgende ding wat ek gaan doen is so Mellies kortloop roer bou net vir daai berg jag
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 7:20 pm
by jdpretorius
Capt. Yoda wrote:Ekt nou die jaar die lekker van berg jag besef en eks solid tot so 220m van n miershoop af ma ek wil ook nou n ordentlike “skiet stok” of eintlik n tripod kry met daai sadels bo op. Die plaas waar ons nou jag da teen Gariep is gebou vir so lekker tripod maar wat ek besef het is n scope wat lekker werk vir fklas en gonge en self cruiser jag werk nie da as dinge vinnig gebeur nie
Volgende ding wat ek gaan doen is so Mellies kortloop roer bou net vir daai berg jag
Cappie as jy dalk n lekker saddle raak sien vir n mooi prys....kom deel asseblief.
Ek's so tussen 2 vure op die stadium.... om te besluit tussen n saddle wat op my bestaande trigger stick kan mount of dalk n 4 been ontwerp.
Die PIG saddle lyk nogals sterk maar vir die prys kan n ou dalk netsowel n 4 been stok koop.
Sent from my SM-A536E using Tapatalk
Re: Langer skote vanaf skiet stokke.
Posted: Mon Sep 09, 2024 7:57 pm
by ruaanb
Eland op 280m sonder 5de been.
Kolgans kopskoot op 280m met 5de been.