Page 1 of 1

Privaat verkoop van wapen

Posted: Tue Sep 03, 2024 9:37 am
by RUPERT
Hi Manne

Hwt julle raad nodig asb.

Ek het een van my wapens 4 maande terug aan n vriend verkoop en is vir die wapen betaal.
Tot op datum is daar geen stappe van sy kant af gedoen om die nodige aansoeke te doen nie.

Ek wil graag die wapen van my naam af kry en het gedink om dit by S&O in te boek vir die nodige bewaaring
onder hulle dealer's stock.

Die man by S&O se ek moet n SAPS 350 invul dan sal hulle hom in vat en van my naam af haal. Die knaap by my naaste polistasie
gee my weer n helemal ander storie.

Wat graag hoor wat ek moet doen by die manne wat dit reeds al gedoen het.

Dankie

Re: Privaat verkoop van wapen

Posted: Tue Sep 03, 2024 9:41 am
by Geno
Ons maak so as ons vuurwapens inboek in hadelaarsvoorraad vanaf 'n individu:
Die SAPS534 moet ingevul word.
Jy moet die volgende afdelings invul:

Afdeling C
Particulars of current owner.
Natural Persons Details
(2) – (13)


Afdeling F
Signature of current owner
(2), (3), (4), (5)

Saam met dit kort die handelaar ‘n ID afskrif en die oorspronklike lisensiekaartjie.
Sit die SAP534 en lisensiekaartjie sommer saam die geweer as hy gecourier word na ons toe.
SAPS 534.pdf

Re: Privaat verkoop van wapen

Posted: Tue Sep 03, 2024 10:07 am
by RUPERT
Dankie Geno ek wardeur jou hulp mater

Re: Privaat verkoop van wapen

Posted: Tue Sep 03, 2024 10:12 am
by RUPERT
Dankie Geno ek wardeur jou hulp mater

Re: Privaat verkoop van wapen

Posted: Tue Sep 03, 2024 3:59 pm
by Zuku
RUPERT wrote: Tue Sep 03, 2024 9:37 am Tot op datum is daar geen stappe van sy kant af gedoen om die nodige aansoeke te doen nie.
Stel altyd n koop kontrak oop. Stipuleer waar die wapen gestoor moet word. Onthou die winkel vra stoorgeld. Stipuleer wie betaal vir stoorgeld en hoe lank moet betaal word. Partykeer word stoorkostes meer as die waarde van wapen. Stipuleer wanneer moet aansoek gedoen word en sorg dat afskrifte aan verkoper oorhandig word. Stipuleer wat moet gebeur as koper se lisensie geweier word. Dan word dit n nagmerrie vir almal.