Page 1 of 1
Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Sun Jan 17, 2010 9:51 am
by Francois Marais
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Wed Jan 20, 2010 8:44 pm
by Francois Marais
Almal
Komaan manne, waag bietjie kommentaar............ nie aldag dat mens so n klas teleskoop raakloop nie....
Mooi loop
Francois
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 12:42 pm
by JACQUES BOTHA
FM
MY AANDEEL IS NET WIE HET DIT NODIG Daar gaan ek weer moet caps on,
Ek sal graag die bok se kop wil sien en die oor se snytjie soos die draad hom gekrap het en die bosluis langs die sny en die droee roof waar die bosluis eerste gebyt het en dit alles op 678 meters. Dis gr8 stuff vir die benchrest manne en vir tegnologie seker iets uitsonderlik ..
maar teorie en praktyk.....wel toe ons nog plate geluister het het ons ook gedink n cd is klomp snert ?
So maak jou keuse koop en want JY KAN....
Mooi loop
jb
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 3:16 pm
by Hein M.
Francois,
Om aan te sluit by Jacques. Dit is altyd goed om nuwe tegnologie te bestudeer en uit te toets. Hierdie megefter is seker maar vir die papierskieters op 'n skietbaan gemaak. Is hierdie scope se demensies van so 'n aard dat dit op 'n jaggeweer kan pas?
Groetnis!
Hein M
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 4:02 pm
by Francois Marais
JB/Hein
Dankie vi julle bydrae..........
Ja, hy sal op n jaggeweer pas, 60mm voor, 34 mm buis, en so by n kilogram swaar, ek het my bedenkinge oor sy praktiese aanwending in die veld, maar glo ook dat hy homself sal regverdig vir die doel wavoor hy gebou is......daar moes ook n aanvraag gewees het anders sou die vervaardigers nie tyd bestee het om so iets te bou nie... Gaan kyk bietjie mooi na die specs, da is iets soos 64 moa hoogte ingebou in die scope en dan nog 20 mao in die mounts.
Die beste van als is die prys, minder as 1000 US$......
Mooi loop
Francois
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 4:16 pm
by Danie Lombard .243
Hallo Francois.
Liewe ouers. Dit is darem te groot. Ek dink jy kan jou hart klop sien as jy deur daai GROOT scope loer.
Nee wat, nie vir my nie. Jy moet omtrent jou kop met 'n kokenollemegator vas skroef aan die kolf om jou kop en oog stil te hou. Ek dink daai tipe scopes se exit pupil diameter is te klein om te meet. Jy het seker 'n engineer mic nodig vir dit.
Ek dink manne wat niks weet van skiet, sakke vol geld het wat hul pla en in die kroeg vertel van hul skiet vermoe, dink ek, het sulke scopes op hul roere.
Ons moet tog daaraan dink om eendag so 'n kroeg stoel skeit komp. te hou. Dit is slegs vir manne wat op kroeg stoele sit en vertel hoe goed hul skiet terwyl hul in die kroeg, op die kroeg stoel sit. Hy mag dan natuurlik sy kroeg stoel saam bring vir ondersteuning na so 'n tipe skiet komp.
Groetnis almal.
Danie.
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 4:31 pm
by Louis102
Francois
Wonder hoe lyk dit op 80 x deur daardie scope op 'n warm somersmiddag. Dink dit is vir manne wat van die lugspie?l effekte hou. Hoekom dink jy dit het plek in die bench rest w?reld? Die hoogte verstelling?
Louis
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 4:41 pm
by Francois Marais
Danie
Lees die specs, op volle vergroting 0.7mm...............
Louis
Da is manne wat 1000m benchrest skiet, en hoe kleiner jy kan korrel, hoe kleiner kan jy skiet, nie alle lande het ons klas van miradge nie......Stem met jou, hier by ons, op n warm dag gaan jy fo..., sorry, boggeroll sien.
Mooi loop
Francois
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Fri Jan 22, 2010 4:59 pm
by Janjak
Sjoe,
sal graag bietjie deur een wil kyk.
Ek dink vir hier by ons gaan dit oordrewe wees maar vir die 1000m sal dit mooi werk.
n Maat van my gebruik n groot scope vir papier skiet 10-50x60 en hy reken dis n nuwe wereld.
So bietjie tyd gevat om aan gewoond te raak maar nou loop hy mooi.
Die voordeel vir die papier manne is dat jy jou 1ste skoot op 300 of 350 kan sien en kan regstel sou daar probleme wees. Dis beter as om dit met die eerste skoot te sien en reg te stel as wat jy daar voor kom en dit sit hier op die springbok se kakebeen in die minus.
Met daai groot scopes gaan jy beslis bewe soos n jak wat gif ingekry het maar jy bewe met n 4x40 ook, jy weet dit netnie.
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Sat Jan 23, 2010 10:16 am
by Hein M.
Francois,
Sommer net vir die interessantheid. Hierdie tipe teleskoop word natuurlik op 'n kragtiger geweer gesit om dit tot sy reg te laat kom oor die langer afstand. Wat word alles deur die vervaardigers gedoen om te keer dat die ding breek na aanleiding van die geweer se recoil? Ek dink dit was op hierdie forum wat ek gesien het hoe die scope buig op 'n .50 met die afvuurslag. Het jy dalk 'n paar feite uit die vuis uit? Ek weet die buis gedeelte word van titanium - of 'n soortgelyke metaal gemaak, maar hoe word die lense binne-in op presies dieselfde plekke gehou?
Hein M
Re: Teleskope met ULTRA hoe vergrotings
Posted: Sat Jan 23, 2010 11:31 pm
by Francois Marais
Hein
Hierdie tipe teleskoop word natuurlik op 'n kragtiger geweer gesit om dit tot sy reg te laat kom oor die langer afstand.
Nie noodwendig nie, een van die gewildste gunne vi 1000 yard BR i9s die 6.5*284. Die gewere het ma normale recoil, en gewoonlik is da nie beperking op gewig nie en weeg die gewere tot 80 pond, juis om recoil te verminder.
Gaan lees bietjie hier indien jy sou belangstel.....
http://www.6mmbr.com/1000ydpg01.html
Mooi loop
Francois