Page 1 of 1
Chassis vs kolf recoil
Posted: Mon Sep 02, 2024 8:27 pm
by Lapua
So, ek is nou al n rukkie in die mark vir n nuwe onderstel vir een van my roere. Soos ek bietjie navorsing doen lees ek op van die Yank forums dat die manne reken dat hulle van die opinie is dat mens meer recoil voel met n chassis teen oor n meer tradisionele kolf. Ek was nog altyd onder die indruk dat n chassis swaarder is en dat die gewig help om terugskop te tem. Verstaan ek iets verkeerd of wat?
Wat is julle manne se gevoel en ervaring met die opsig?
Groete
Re: Chassis vs kolf recoil
Posted: Mon Sep 02, 2024 9:45 pm
by JF123
Die skouer drukpunt van die meeste "chassis' " is baie naby aan die looplyn; d.w.s. die hele terugslag gaan reguit deur na die skouer.
'n Tradisionele kolf het die skouerdrukpunt laer as die looplyn. Dit veroorsaak dat van die terugslag in 'n vertikale komponent verander en die geweer lig. Dit laat die terugslag minder voel.
Re: Chassis vs kolf recoil
Posted: Tue Sep 03, 2024 5:57 am
by Thunderhead
In my ondervinding demp n kolf meer vibrasie waar n chassis reageer meer soos n "tuning fork".
Re: Chassis vs kolf recoil
Posted: Sat Sep 14, 2024 2:29 pm
by Lapua
Nou die volgende vraag. Is n chassis of kolf dan nou beter vir langer afstande vir n roer met baie terug skop? My pampoen sĂȘ vir my dat die reguit terugskop van n chassis wat dan nou minder vertikale beweging gaan veroorsaak gaan help met akuraatheid en om die skoot/impak dan beter te kan sien. Verstaan ook dat ek nie dink die chassis sal die vuurwapen meer akkuraat maak nie maar ek glo die minder vertikale beweging maak dan die geweer se terugskop en ander bewegings meer hanteerbaar.
Vertaan ek dit reg of sit ek die pot mis?
Re: Chassis vs kolf recoil
Posted: Sat Sep 14, 2024 8:37 pm
by JF123
Wel, ja en nee. Die reguit-deur na skouer terugslag sal help met minder spring van die geweer en dit meer hanteerbaar maak, maar jy gaan die volle terugslag voel. Die is die rede hoekom meeste mense nie groot kalibers in aluminium kolwe sonder trompremme kan lekker skiet nie; die skote maak seer...
Om anders te stel. Dit vat energie om die geweer te laat spring. Wat jy in jou skouer voel is die energie van die terugslag minus die energie wat gebruik word om die geweer te laat spring. D.w.s hoe groter sprong, hoe minder skouer klap.