Page 1 of 1
Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 6:12 am
by Apie
Dag Manne!
Ek was gelukkig om kaartjies te kry vir Saterdag se wedstryd!
Maar nou kort ek raad asb.
Waar parkeer mens en hoe benader mens die stadion?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 6:55 am
by Geno
Parkeer in 'n veilige plek by jou gastehuis en Uber stadion toe en terug.
Ek het flippen goeie kaartjies en 'n dik trip met gholf en klomp goed gekry by Macron wat die leeus en refs se truie maak, maar ek moet my vrou oppas na haar oog operasie more. Bitter spyt ek mis hom!
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:05 am
by Gerhardu
As jy met n voertuig ry. Gaan maar vroeg. Baie maatskappye maak hulle parkerings oop vir die toeskouers met n fooi. Van daar af loop jy maar Ellispark toe. Gelukkig baie mense en polisie in die omgewing so die moeilikheid is darem maar min. Ek gaan ook.
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:05 am
by Gerhardu
Gautrein is ook n baie goeie opsie.
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:21 am
by Capt. Yoda
Los die kar waar jy slaap en Uber soos Geno se, dit is nag om daar uit te kom na die game.
Vat n paar lekker lang biere gedurende die game en sit gemaklik terug terwyl die Malawier jou by jou gastehuis probeer kry en natuurlik as jy nie daai deel van Joburg ken nie kan dit nogals wild raak in die aand as jy daar rond ry self met n GPS.
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:38 am
by saswart
Ek sou nie Uber oorweeg nie - soontoe sal Uber maklik werk, maar terug na die game sal jy eers lank moet kuier en wag vir mense om te verminder of ver weg loop van die stadium af. Laasjaar het ons dit probeer, almal wat uitgaan wil ook Uber en dan raak dit chaos om een te kry...en party manne spring sommer in jou uber en ry op jou rekening...
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 8:48 am
by Gerhardu
Re: Ellispark
Posted: Thu Aug 29, 2024 9:41 pm
by JDKey
Daar is oral Park & Ride busse. Kos n paar rand maar beslis die moeite werd. Die busse vertrek van meeste groot malls in Jhb. Ticketpro verkoop kaartjies.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ellispark
Posted: Sun Sep 01, 2024 9:05 am
by Apie
Dankie vir die raad manne!
East Gate Shopping Centre het ‘n gratis Taxi diens gehad.
Jy registreer aanlyn en dan parkeer jy op die dak parkering.
Die Taxis word vol bok ondersteuners geprop en 3 taxis word begelei dear ‘n Taxi Association kar met ligte en sirenes.
Hy laat waai vooruit en blok die verkeer by robotte en ons seil net oor. Soos ‘n wafferse bloulig brigade!
Ons was binne 10minute deur al die verkeer en veilig afgelaai teen die stadion!
Wat ‘n belewenis!
Dan die wedstryd en die atmosfeer!
Wat ‘n dag!
Sent from my iPhone using Tapatalk