Page 1 of 1
Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Aug 28, 2024 2:09 pm
by Eduard Venter
Dagsê manne. Is hier enige iemand wat deesdae nog anatole gebruik om hul vee te beskerm. Ek weet in die verlede was daar sprake van suksesse en baie probleme met die honde. Maar ek wil graag hoor wie gebruik hulle vandag nog suksesvol as 'n oplossing vir roofdierbeheer.
Groete
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Aug 28, 2024 2:30 pm
by Thunderhead
Eduard n vriend van my gebruik hulle om saam sy boer bokke te loop en het dit werk. Om hom is goed met baie tande en hy kry min skade.
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Aug 28, 2024 6:56 pm
by Eduard Venter
Dankie Pieter, dis goed om te weet
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Aug 28, 2024 7:35 pm
by Evan94Skilla
Eduard.
My skoonies gebruik hulle nou al jare tussen die skape en bokke met goeie sukses in die bosveld. Hulle roer die roofdiere en die wat hulle kan dood kry maak hulle plat.
Ander vriend van my gebruik hulle in die vrystaat ook by sy skape.
Lekker aand.
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Thu Aug 29, 2024 6:09 am
by Eduard Venter
Baie dankie Evan, dit klink my daar is darem sukses met die storie vir party mense. Nou wonder ek hoe baie werk is dit om so hondjie op te lei en groot te maak tussen die trop vee
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Thu Aug 29, 2024 10:37 am
by Nico de Jager
Môre Eduard, ek self het nooit n Anatool gehad nie, maar hier in die omgewing en Klein Karoo was redelik van hulle en ek kan omgelukkig nie die manne se optimisme deel nie. Nie een enkele suksesverhaal waarvan ek weet nie.
Ek gebruik donkies by my skape. Dit help verseker vir jakkalse maar nie vir rooikatte nie.
Groete
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Thu Aug 29, 2024 6:33 pm
by Eduard Venter
Dankie Nico, ja dis juis hoekom ek hier vra... Dit help seker nie om die tipe vraag vir 'n Anatool teler te vra nie haha. Klink my wel daar is enkele gevalle waar dit suksesvol is. Ek het met 'n paar mense kontak gemaak wat die honde huidiglik gebruik, so ek vind ook meer by hulle uit
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Thu Aug 29, 2024 6:50 pm
by kwagga
Bel my as jy meer wil uitvind van Anatole wat werk in Nylstroom. 0823577670
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Fri Aug 30, 2024 2:06 pm
by Eduard Venter
Dankie kwagga ek maak so
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Fri Aug 30, 2024 5:06 pm
by Freddie101
Hier in my area weet ek nie van een boer wat nog Anatole het nie..... Ek glo as hulle goed gewerk het sou baie mense gehad het.
So ek is nie positief oor hulle nie...
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Nov 05, 2025 12:57 pm
by Eduard Venter
Dagsê. Ek dog ek gee sommer bietjie terugvoer hier 'n jaar later:
Ek het 'n teef gekry kort na ek raad op die draad gekry het. Kry volgende week nommer 2. Ek sou dit nie 'n volmaakte oplossing noem nie, maar het beslis 'n vermindering in roofdier aktiwiteit die laaste jaar. Nie een kalf verloor nie, en heelwat minder wild karkaste opgetel.
In die begin het sy die plaas silwer skoon gehou, en deels ook die buurmanne sin. Dit verg maar bietjie mooi praat met die buurmanne dat hulle nie jou hond skiet wat soms deurgaan nie. Soos sy nou ouer is, is sy baie meer vas aan haar trop beeste en beweeg nie ver rond nie. Dit beteken die beeste is veiliger, maar begin nou weer bietjie jakkalse spore sien in die uithoeke van die plaas ver van die beeste af. Bruin hiëna spore is nou amper ongehoord van. Luiperd maak soms 'n draai maar baie minder as in die verlede. Ons het oorvloed gehad van al daai spesies.
Die hond speel nogal rof met die kalfies, en sy het een hans kalf dood gespeel (daar was nie 'n ma om haar te keer nie). Ek voorsien die probleem sal groter wees met skape. Die spelerigheid is wel darem baie minder nou na 'n jaar.
Tyd sal leer hoe die oplossing op die langtermyn is. Ons weet mos nou al roofdiere is aanpasbaar en hulle sal ook hulle eie planne vind. Vir nou is ek baie gelukkig. Ek wil sê dis beslis die moeite werd om te probeer as jy die tipe roofdiere het wat jou in die moeilikheid sal laat beland as jy hulle skiet.
Neem in ag dit is nie 'n nie-dodelike oplossing soos die groenes dit noem nie. Die honde maak klein katjies, hase, muishonde, voëls ens dood.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Re: Anatoliese herdershonde 2024
Posted: Wed Nov 05, 2025 1:41 pm
by Lategan1
Dankie Eduard. Dit is nou lekker en goeie nuus.
Beste.