Page 1 of 1

Help met punt keuse vir 7mm RM

Posted: Tue Aug 13, 2024 12:45 pm
by VX70
Hi julle

Hoop dit gaan baie goed, ek is in die proses om te begin herlaai vir my 7mm Rem Mag. Ek is nie seker watter een van die 2 punte om mee te gaan nie.

162 Eld-x of die 175gr Eld-x. Ek het met so paar mense gepraat en almal het iets ander te sê.

Geweer is 'n Sako en hy skiet Sellier & Bellot se 173gr net so goed soos wat hy Federal 160gr geskiet het. Ek jag oor die algemeen 250m en meer en ons skiet gewoonlik Springbok to Gemsies. Ek wil graag volgende jaar kyk of ek kan Eland skiet.

Enige raad?

Re: Help met punt keuse vir 7mm RM

Posted: Tue Aug 13, 2024 1:25 pm
by J le Roux
Ek kannie se hoeveel die 175gr beter gaan doen as die 162 gr op 'n Eland nie.

Ek weet net jy gaan altyd daaroor wonder as ietse skeefloop met die 162gr.

Re: Help met punt keuse vir 7mm RM

Posted: Tue Aug 13, 2024 2:17 pm
by LUAN
Ek sou persoonlik niks minder as n bonded koel wou gebruik op n eland as ek weet daar is n kans dat jy n blad skoot moet skiet. Vriend van my was baie ongelukkig met die 212gr eldx ammo se prestasie uit sy 300prc. Lyk of hulle nie eintlik beter doen as n eldm.

Sent from my SM-A245F using Tapatalk


Re: Help met punt keuse vir 7mm RM

Posted: Tue Aug 13, 2024 4:38 pm
by tripodmvr
Eland se bene is groot en ELDX is nie baie harde koeëls nie. Ek sou 150gr koper koeëls gebruik vir elandjag.

Re: Help met punt keuse vir 7mm RM

Posted: Tue Aug 13, 2024 4:58 pm
by Capt. Yoda
Eks n baie groor voorstander van sagte koele maar ek sal nie n Eland somer net n ELD aan vat nie. Jy skiet normale afstande kry vir jou by Rudie van sy Safari koele en gaan aan met die lewe.