Page 1 of 2

Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 10:13 am
by Lottie
Hallo almal.
Ek doen graag navraag rakend Tikka aksies. Wat ek verstaan is dat Tikka slegs een tipe aksie het m.a.w. nie `n lang of kort aksie nie.
Ek het tans `n Tikka T3 in 3006. My vraag is nou of ek byvoorbeeld `n "prefit barrel" in 6.5CM op die bestaande aksie kan fit en watter ander faktore speel `n rol bv Magasyn ens.

Sou dit die moeite werd wees of moet ek maar net eenvoudig die geweer verkoop en en 6.5 aankoop. My probleem is net huidiglik sal ek nie weer `n Tikka kan bekostig nie.

Enige raad of voorstelle welkom.

Dankie

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 11:22 am
by Capt. Yoda
As jy n prefit loop vir n Tikka hier kan kry spin hom op die aksie lengte sal nie saak maak nie maar jy is reg hulle maak net 1 lengte, boltface is ook reg.

Die spasie in die magasyn gaan net baie wees maar ek kan nie regtig sien laat dit n probleem sal wees nie, worst case vervang jy net die 30.06 magasyn met n 308 lengte magasyn.

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 11:35 am
by Martiens Bekker
Korrek, alle T3 en T3x is dieselfde aksies. Pas in dieselfde kolf en buite mate van magesyne is dieselfde. Jy kan net die magesyn vervang soos hierbo genoem word na 'n M+. Dis wat standaard is in 6.5 CM. Binnemate van +-75mm is ook genoeg om lang koeëls te laai.

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 1:14 pm
by WihandV
Indien jy 'n totale patroon lengte gaan laai wat binne in 'n 308 lengte magasyn pas en jy vervang jou magasyn met 'n 308 lengte magasyn, kan jy ook jou bolt stop met 'n kortaksie bolt stop vervang. Ek het van 'n kortaksie na 'n langaksie en net my bolt stop vervang. Geno sal jou waarskynlik kan help met 'n Tikka kortaksie bolt stop.

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 2:31 pm
by Lottie
Baie dankie vir die terugvoer. Weet julle dalk waar of wie sal agente wees vir `n prefit barrel in Suid Afrika

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 2:46 pm
by Apie
Enigste Pre fits na my kennis is proof research maar sy prys gaan jou oë laat traan…


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 3:00 pm
by Martiens Bekker
Apie is reg ja. Jy kan LocknLoad kontak in Pretoria. Maar jy kyk in die omgewing van R25k vir 'n loop.

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 3:11 pm
by Andre308
Ek glo dat Sneeuberg, Eagle en Ralph almal vir jou n prefit loop kan maak plaaslik. Hulle moet hom neg van dag een af sy papier werk so doen.

Jy doen net aansoek vir die loop lisensie as n rifle barrel 6.5 Creedmoor. Dan kan jy lope ruil tussen die 30-06 en 6.5 Creedmoor.

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 3:49 pm
by Capt. Yoda
Doen ouens hier al die barrel nut ding op Tikkas?

Re: Tikka aksie

Posted: Mon Aug 12, 2024 8:59 pm
by Geno
Capt. Yoda wrote:Doen ouens hier al die barrel nut ding op Tikkas?
Image

Minder op Maandae drink boetie

Re: Tikka aksie

Posted: Tue Aug 13, 2024 7:37 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Mon Aug 12, 2024 8:59 pm
Capt. Yoda wrote:Doen ouens hier al die barrel nut ding op Tikkas?
Image

Minder op Maandae drink boetie

++>: ++>: ++>: Ek het mos nie gese ek soek n barrel nut nie

Re: Tikka aksie

Posted: Wed Aug 14, 2024 2:35 am
by SakoTrippel2
Julle moet maar by Savage leer van Barrel Nuts. Die Yank Savage skieters noem hulself "Brotherhood of the Barrel Nut".... Nie seker hoe ek daaroor voel nie

Die hele ding van 'n Prefit en 'n Barrelnut is maar om daai paar thou se toleransie te kan opneem. Dus hoef jou GS nie jou aksie by hom te hê nie. Meeste Prefits in die US loop maar saam 'n Barrelnut.... Selfs Tikkas. Dit gesê weet ek net van Ralph hulle wat ek dink vir Howa gaan begin Prefits maak.

Eks al 'n paar jaar in proses om my Savages so te skiet en te maak werk. Dis maar 'n storie maar ek is stadig maar seker in die regte rigting oppad.

Sent from my SM-A546E using Tapatalk


Re: Tikka aksie

Posted: Fri Aug 16, 2024 2:00 pm
by ZKK
Sorry boys, wil net seker maak ek verstaan reg.

Kan mens een aksie he, met twee lope?
En as ek die jaar met die een loop wil jag, skroef ek hom net op.
En volgende jaar as my gat jeuk, skroef ek net weer die ou loop terug?

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Aug 16, 2024 2:15 pm
by Capt. Yoda
ZKK wrote: Fri Aug 16, 2024 2:00 pm Sorry boys, wil net seker maak ek verstaan reg.

Kan mens een aksie he, met twee lope?
En as ek die jaar met die een loop wil jag, skroef ek hom net op.
En volgende jaar as my gat jeuk, skroef ek net weer die ou loop terug?

Ja, nes jy daar se.
Elke loop het maar basies net sy eie liksens

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Aug 16, 2024 4:05 pm
by Geno
Capt. Yoda wrote:
ZKK wrote: Fri Aug 16, 2024 2:00 pm Sorry boys, wil net seker maak ek verstaan reg.

Kan mens een aksie he, met twee lope?
En as ek die jaar met die een loop wil jag, skroef ek hom net op.
En volgende jaar as my gat jeuk, skroef ek net weer die ou loop terug?

Ja, nes jy daar se.
Elke loop het maar basies net sy eie liksens
Wees maar versigtig.
Met Blaser bv. wat so ontwerp is, is dit so.
Nie alle regters in SA sal dit egter so sien nie. Ek het my idees van switchbarrel roere op Tikka aksies eers laat vaar..

Re: Tikka aksie

Posted: Thu Sep 05, 2024 8:05 pm
by cbm
Soos ek dit verstaan moet jou aksie so gelisensieerd wees, as jy switch barrels wil gebruik. Anders kan hulle dit sien as alterations of a firearm.
As ek die saps beampte reg verstaan het.

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 8:03 am
by Capt. Yoda
Savage is mos so ontwerp laat jy lope met n waterpomp tang kan verander

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 11:05 am
by Andre308
cbm wrote: Thu Sep 05, 2024 8:05 pm Soos ek dit verstaan moet jou aksie so gelisensieerd wees, as jy switch barrels wil gebruik. Anders kan hulle dit sien as alterations of a firearm.
As ek die saps beampte reg verstaan het.
Die probleem is SAPS en wat hulle wil weet en wat hulle nie weet nie.

As jy n Barret, AI of Blaser koop, dan kom jou lisensie net soos enige ander man se lisensie vir die vuurwapen met alle moontlike serial nommers op. Verskil nie van n Remington, Howa of Sako bv nie.

As jy n gelisensieerde prefit loop koop en hy is op n lisensie kaart as n rifle barrel met n kaliber naam by (of dit nou die selfde kaliber of n ander kaliber is), dan mag jy hom op n gepaste geweer waar hy op sal pas kan draai, solank beide die oorsproklike geweer asook die loop beide in jou naam is. Maak nie saak of dit n Remington, Howa, Blaser of Barret is nie.

Afskroef van n loop en trugskroef van n loop is tog nie onwettig nie. Ek doen dit so een keer per jaar om my wapens mooi skoon te maak. Alter van n vuurwapen is waneer die wapen verander word met komponente waarvan jy nie n lisensie het nie. Dus is dit nie onwetting om jou wapens te verander solank alles steeds geldig bly met die lisensies wat jy het nie.

So is daar ook SAPS DFOs wat se jy mag nie n loop korter sny nie. Dit alles is onwaar. Jou wapen voldoen steeds aan jou lisensie beskrywing, of die loop 30duim is en of hy 16duim is. Solank dit wat in jou hand het ooreenstem met jou lisensie, dan is dit reg.

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 12:40 pm
by Capt. Yoda
Net so

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 1:23 pm
by Arnold
Nog niemand het dit gesê nie so hier gaan dit .... 'n nuwe Howa gaan goedkoper as 'n prefit wees en dan het jy twee gewere :)

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 1:31 pm
by Andre308
Arnold wrote: Fri Sep 06, 2024 1:23 pm Nog niemand het dit gesê nie so hier gaan dit .... 'n nuwe Howa gaan goedkoper as 'n prefit wees en dan het jy twee gewere :)
Die probleem is nie die nuwe Howa se prys nie, maar sy kolf, sneller, rail, ringe, scope, silencer/brake ens wat die opsie van switch barrel begin beter laat lyk.

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 2:16 pm
by Apie
Arnold wrote:Nog niemand het dit gesê nie so hier gaan dit .... 'n nuwe Howa gaan goedkoper as 'n prefit wees en dan het jy twee gewere :)
Net solank dit SupaCow se 270 is


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 2:41 pm
by Arnold
Andre308 wrote: Fri Sep 06, 2024 1:31 pm
Arnold wrote: Fri Sep 06, 2024 1:23 pm Nog niemand het dit gesê nie so hier gaan dit .... 'n nuwe Howa gaan goedkoper as 'n prefit wees en dan het jy twee gewere :)
Die probleem is nie die nuwe Howa se prys nie, maar sy kolf, sneller, rail, ringe, scope, silencer/brake ens wat die opsie van switch barrel begin beter laat lyk.
Mens kort darem nie sulke nagtiewe friende nie >:D

Howa met 'n lekker kolf en rail gaan seker R25k wees. Sneller is nie nodig om te doen nie en hy het mos 'n scope, silencer/brake wat hy huidiglik gebruik.

Oor 2 jaar kyk hy terug en is dankbaar dat hy sy 30-06 ook in die kluis het ;D

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 4:43 pm
by pwdejager
Dis te laat daai 30-06 is nou by my, en oppad om n 30-06AI te word

Re: Tikka aksie

Posted: Fri Sep 06, 2024 4:56 pm
by Capt. Yoda
Ek stem hier weer saam Andre. Ek gaan eder deur al die moeite/tyd en kry n 15k loop en betaal n GS 6k om hom op my custom “geweer” te fit en te ceracoat en dan het ek n geweer wat ek wil he. Pas seker ma in by die gesprek wat ons gehad het oor 2024 jag.Ek het geen behoefte om n kluis vol avg gewere te he nie