Page 1 of 1

Lid in Kuilsrivier.

Posted: Tue Aug 06, 2024 12:04 pm
by Vleisie
Middag almal, ek wil graag hoor of hier dalk n lid is van Kuilsrivier se omgewing, ek soek inligting rondom n besigheid wat daar is, het goed gekoop en nou kom die goed nie uit nie en die man antwoord nie sy foon nie. As iemand in daardie area dalk kan help met inligting, stuur my privaat n boodskap.

Groete

Re: Lid in Kuilsrivier.

Posted: Tue Aug 06, 2024 4:01 pm
by Bennie Bester
Ek woon in Kuilsrivier
07een285nege077

Re: Lid in Kuilsrivier.

Posted: Fri Aug 16, 2024 10:57 am
by Vleisie
More almal, ek wil net my dank uitspreek aan oom Bennie Bester vir al die moeite wat hy vir my gedoen het, ek het na meer as n maand se gesoek en gebel uiteindelik my vrou se goed ontvang en is 110% seker dit is weens Oom Bennie se navrae in die omgewing, oom BAIE DANKIE.

Die forum en sy mense is briljant en dit is werklik n plesier om deel te kan wees van so groep mense.

Groete

Re: Lid in Kuilsrivier.

Posted: Fri Aug 16, 2024 11:13 am
by Lategan1
Ek ken hom so bietjie, jy slaan spyker op kop. Kwaliteit mens.

Goed om jou ervaring te weet.

Beste.

Re: Lid in Kuilsrivier.

Posted: Fri Aug 16, 2024 4:54 pm
by ruaanb
Oom Bennie is tops!

Re: Lid in Kuilsrivier.

Posted: Thu Aug 22, 2024 6:56 pm
by Bennie Bester
Naand Almal,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Dit word opreg waardeer.
Hierdie is n besonderse forum en dit is net n plesier om vir mede lede tot hulp te wees.
Groetnis
Bennie Bester