Page 1 of 1
Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Mon Aug 05, 2024 1:00 pm
by Apie
Dag Manne
Ek is gatvol vir Tracker/plaaslike Tracker agent.
Watse ander goeie opsies is daar?
Ek luister by die radio!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Mon Aug 05, 2024 1:13 pm
by Carel-Chris
Na my ondervinding met Tracker en voertuig diefstal sal ek hulle nie weer gebruik nie, is oor na Matrix/Beame en sover tevrede. Kry 'n basiese pakket en dan sit mens ekstras by teen so +- R10 per item.
Was in die wildtuin toe bel hulle my en se die voertuig is naby aan die grens
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Mon Aug 05, 2024 2:59 pm
by Andre308
Apie wrote: Mon Aug 05, 2024 1:00 pm
Dag Manne
Ek is gatvol vir Tracker/plaaslike Tracker agent.
Watse ander goeie opsies is daar?
Ek luister by die radio!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek is in die selfde boot. Is nou al op my 2de remote konoppie ding en kry steeds alarms van pannic en pap battery.
Ek het kyk sterk na Cartrack. Hulle ratings lyk nie te sleg nie.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Mon Aug 05, 2024 8:34 pm
by Klein Chris
Loer ook na Ctrack
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Thu Aug 22, 2024 4:21 pm
by Predator
Het goeie ondervinding gehad met Matrix. Telke male as ek op die R21 oppad lughawe toe gery het in die Tembisa omgewing, het hulle geskakel om te vra of ek OK is.
My dogter se Fortuner is verlede jaar voor my huis gesteel. Van die 3 opsporings stelsels wat hulle het, het Matrix die voertuig binne n uur opgepoor en herwin.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 7:28 am
by tau
Ek het Ctrack in meeste van my voertuie en sleepwaens. Die produk en management sisteem is goed, die na-verkoop diens en ondersteuning is skokkend sleg. Ek is al by hulle toe hulle vanaf 2002.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 7:59 am
by win270
Wat sou julle sê is die belangrikste oorwegings wanneer mens voertuig "tracking" uitneem? Ek vra omdat ekself dit ook nog moet oorweeg. Gelukkig het ek tot dusver nog nie in 'n situasie beland waar ek spyt was dat ek dit nie al uitgeneem het nie.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 8:08 am
by Gerhardu
Matrix se live tracking op die app is baie goed. En ek houvan die Geolock opsie.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 8:19 am
by mr rey
Bietjie off topic, maar vir die wat Toyota ry en diefstal wil verhoed, gaan loer hier
https://haltlock.com/
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 8:54 am
by tau
win270 wrote: Fri Aug 23, 2024 7:59 am
Wat sou julle sê is die belangrikste oorwegings wanneer mens voertuig "tracking" uitneem? Ek vra omdat ekself dit ook nog moet oorweeg. Gelukkig het ek tot dusver nog nie in 'n situasie beland waar ek spyt was dat ek dit nie al uitgeneem het nie.
Twee eenhede wat versprei is op die voertuig is vir my belangrik. Een live eenheid wat konstant krag vanaf die battery kry en 'n backup battery het en dan 'n tweede unit soos 'n Beame wat kriminele nie kan opspoor nie en wat "geping" kan word wanneer benodig.
EK kyk ook tans na Fraanse produk wat op RF frikwensie met 0 G werk wat moeiliker jam. Die probleem is dat die kriminele 36 kanaal jammers in jou lighter plug inprop en dan kan die beste tracking sisteme nie werk nie. Van die sisteme plaas jou voertuig in limp mode nadat hy besef hy word gejam.
Re: Voertuig ‘tracking’ opsies
Posted: Fri Aug 23, 2024 10:35 am
by toxicsox
DQ Track en 'n Samsung Smart Tag II in die agterste headrest.