Page 1 of 1

Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 6:42 pm
by Philip J
Hallo almal

Kan die manne wat herlaai vir 270 asb vir my help met watter VV julle gebruik vir konvensionele 130gr koeëls? Dit lyk of beide N550 en N560 n opsie is. Beide is beskikbaar.
Of is IMR4350 die beter opsie?
Ek het nie lus vir S365 teen meer as R1050 per blik nie.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 7:14 pm
by Philip J
GRT wys dat N560 nie alles gaan verbrand uit 'n 22 duim loop nie, alhoewel dit VV se aanbeveling is.

Dit los my met 4350 of N550.

Wat sou jou keuse wees?

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 8:54 pm
by Dale SH
Philip J wrote: Mon Jul 22, 2024 7:14 pm GRT wys dat N560 nie alles gaan verbrand uit 'n 22 duim loop nie, alhoewel dit VV se aanbeveling is.

Dit los my met 4350 of N550.

Wat sou jou keuse wees?
I would also consider N555 if it is available.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 9:04 pm
by tripodmvr
N550 lyk vir my die beter opsie as ek na QL kyk. Met N560 kan jy met 'n baie vol dop sit met minder spoed.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 9:46 pm
by Philip J
Dale SH wrote: Mon Jul 22, 2024 8:54 pm
Philip J wrote: Mon Jul 22, 2024 7:14 pm GRT wys dat N560 nie alles gaan verbrand uit 'n 22 duim loop nie, alhoewel dit VV se aanbeveling is.

Dit los my met 4350 of N550.

Wat sou jou keuse wees?
I would also consider N555 if it is available.
Unfortunately, N560 or N550 are the only VV I can get my hands on. That and IMR4350.
Funny thing though, is that VV has no load data for 130gr bullets and N550.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 9:49 pm
by Philip J
tripodmvr wrote: Mon Jul 22, 2024 9:04 pm N550 lyk vir my die beter opsie as ek na QL kyk. Met N560 kan jy met 'n baie vol dop sit met minder spoed.
Dankie oom. Dit het vir my ook so gelyk. Ek soek na n kruit wat redelik beskikbaar is, sodat mens nie elke keer van niks af lading ontwikkeling hoef te doen nie. Dit lyk tog of VV se kruit meer gereeld beskikbaar is as IMR of een van die ander fabrikate.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 9:52 pm
by Dale SH
270.jpg

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 9:53 pm
by Dale SH

Re: Kruit vir 270?

Posted: Mon Jul 22, 2024 10:04 pm
by Philip J
Yup, that's the data I was refering to. No data for a conventional 130gr bullet and N550. They only give loads for N550 with 115gr and 140gr bullets.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Tue Jul 23, 2024 6:19 pm
by Giepie
Ek weet ook nie hoe volhoubaar Alliant Reloder 17 gaan wees nie, maar dit werk vir my lekker in my 270W met 130greiners en 30-06.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Tue Jul 23, 2024 6:46 pm
by Philip J
Giepie wrote: Tue Jul 23, 2024 6:19 pm Ek weet ook nie hoe volhoubaar Alliant Reloder 17 gaan wees nie, maar dit werk vir my lekker in my 270W met 130greiners en 30-06.
Baie dankie. Ek sal bietjie daarna ook kyk.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Tue Jul 23, 2024 8:54 pm
by tripodmvr
Gee jou 270 se data en dan kan mens 'n veilige beginlading bereken.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Tue Jul 23, 2024 9:44 pm
by Philip J
Dankie oom.
Ek kan eers Vrydag by die geweer winkel uitkom en sal dan sien wat is beskikbaar, maar volgens die man aan die ander kant van die telefoon lyn, is my opsies beperk tot N550, N560 en IMR 4350. Ek wil nie koop en dan uitvind dis die verkeerde kruit nie. Daarom al die vrae.

Re: Kruit vir 270?

Posted: Wed Jul 24, 2024 6:22 am
by jdpretorius
As jy H4831SC in die hande kan kry is dit dalk iets om te oorweeg......ek't al n hele klomp verskillende kruit getoets, maar wel met 140 gr koeëls, en die H4831SC werk mooi.
Die dop is maar taamlik leeg met IMR4350.

Sent from my SM-A536E using Tapatalk


Re: Kruit vir 270?

Posted: Wed Jul 31, 2024 6:32 pm
by Philip J
Hallo almal

Ek het met VV N550 as keuse gegaan.
54gr gee my 2960vps(geraai, nie gemeet nie) uit my 270 se 22 duim loop. 3 skote op 100m, meet 20mm. Ek is vrede.
Dankie vir almal se bydrae.

Ek het aanvanklik 55.4gr agter n 130gr SST gelaai.
GRT het 3031vps voorspel
My resultate was as volg
3020vps
3016vps
3020vps
Gem 3019vps
Plus 15 vir die chrony op 5m, gee 3034vps
Lyk of die kruit se waardes redelik konstant is.
Oom Marius het gehelp met n QL lading van 54gr vir Node5 en 2960vps oftewel 2947vps op die chrony. GRT se voorspelling was 53.96gr vir 2955vps by die loop.
Ek het nie vanaand spoed gemeet nie, maar volgens die teiken, kan ek seker nie te vêr van die voorspelde spoed af wees nie.