Page 1 of 1
Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 1:21 pm
by vossie1
Middag meneere.
Waar kan ek n jaglisensie vir limpopo koop. Ek is in Nelspruit en gaan voeljag daar volgende week. Ek het geregistreer op
www.eservices.gov.za maar kry niks daarop nie.
Groete
Vossie
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 1:42 pm
by tripodmvr
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 1:52 pm
by J le Roux
Oop of toe plaas?
Omheinde wildsplase met vrustelling het jy nie 'n lisensie nodig nie, net karkas vervoerpermit van plaaseienaar en permit vir vlakvark vanaf staatsveearts.
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 2:18 pm
by vossie1
Dankie Oom Marius.
Ek sal opvolg. Dit is n voeljag so geen karkas en moet n lisensie he al is dit n vrygestelde plaas.
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 2:38 pm
by Rudi Fischer
J le Roux wrote:Oop of toe plaas?
Omheinde wildsplase met vrustelling het jy nie 'n lisensie nodig nie, net karkas vervoerpermit van plaaseienaar en permit vir vlakvark vanaf staatsveearts.
Vrystelling so ver ek verstaan is net vir diere wat wilds draad binne hou.
Voeels, jakkalse, bobbejane en ape kort permite om te jag.
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 3:06 pm
by Dawie Malan
Vossie is korrek.
'n Vrystellingspermit het altyd 'n lys van die diere wat gejag mag word en dus vrygestel is en wat geskiet mag word en dit sluit nooit voels in nie.
Stuur 'n e-mail aan
pheko.kgomotsol@limpopo.gov.za. Sy gaan vir jou een uitreik.
Groete
Re: Limpopo jaglisensie?
Posted: Fri Jul 12, 2024 4:35 pm
by J le Roux
Julle is reg, ek het net bokke op die brein.