Page 1 of 1

Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Thu Feb 23, 2012 5:33 pm
by Cobus(Cobb)
Ek kom al hoe nader aan opsit van 'n KD.....maar paar dinge pla my.

1.) Verlaag jy die waarde van die geweer?
2.)As jy die KD afskroef, sit jy met lelike skroefdraad,.. kan jy 'n tipe "cover" weer op skroef om 
    weer soos gewone loop te lyk??
3.) Indien wel, kan jy dan weer skiet, soos voor die KD, sonder dat jy loop "harmonics" beinvloed  word?
4.) Beinvloed die KD enigsens die loop nodes soos(die tabel) wat ons op QL gebruik

Cheers

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Thu Feb 23, 2012 7:05 pm
by Jagtersdok
Cobb wrote: Ek kom al hoe nader aan opsit van 'n KD.....maar paar dinge pla my.

1.) Verlaag jy die waarde van die geweer? Ek glo nie, mits dit ordentlik gedoen is
2.)As jy die KD afskroef, sit jy met lelike skroefdraad,.. kan jy 'n tipe "cover" weer op skroef om 
    weer soos gewone loop te lyk??Ek glo meeste van ons gebruik "caps" en die ou wat jou skroefdraad sny behhort netjiese een te kan sny wat mooi pas
3.) Indien wel, kan jy dan weer skiet, soos voor die KD, sonder dat jy loop "harmonics" beinvloed  word?Daar behoort nie groot invloed te wees nie, mits die geweer mooi gepak is, genoeg freefloat het sodat die gewig van die kd nie nie die loop iewers laat druk nie en jou geweer se load mooi in die sweetspot is, dan behoort jou POI al te wees wat verskil
4.) Beinvloed die KD enigsens die loop nodes soos(die tabel) wat ons op QL gebruik nee nie wat ek nog op een kon agterkom nie

Cheers

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Thu Feb 23, 2012 7:21 pm
by Cobus(Cobb)
Dankie Dok, ek voel klaar beter...

Cheers

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Sat May 05, 2012 8:43 pm
by B C
As jy eers aan daai knaldemper gewoond is sal jy nooooooit weer sonder hom skiet nie, so 'n ou gebruik nie daai doppie nie. As dit nie vir die versamelwaarde was nie het ek vir my Martini ook een opgesit!!

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Mon May 21, 2012 8:44 am
by Cobus(Cobb)
Ek ry netnou om my geweer/knaldemper te loop haal by Tinus...
Soos ek verstaan is daardie Terminator 610g...is daar iets waarvoor ek moet uitkyk as ek die aksie/loop weer op die kolf sit?? dalk seker maak van die loop clearance oor die kolf...

Nog iets??

Ek luister graag
Cheers

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Mon May 21, 2012 9:15 am
by Wouter Roets
Hallo Cobb

Ja dit is een van die dinge wat gewoonlik sy kop uitsteek so maak maar mooi seker dat daar geen kontak is tussen die loop en die kolf nie. Tweedens wat baie gebeur is dat daar n burr agter gelaat word in die silencer met die boor proses op die baffles. Met die eerste paar skote word daai burrs weer uitgeblaas. Dit kan mooi waargeneem word met n klein flitsliggie wat van die agterkant van die silencer deurgeskyn word. Vat dan net n skerp boorpunt wat dieselfde deursnee het as die gat en draai hom met die hand deur die silencer van agter na voor. Skud die silencer goed sodat al die burrs uitkom en skiet weer. Herhaal die proses totdat alle burrs uit is.

Geniet die silencer!

Groetnis
Wouter

Re: Nog 'n knaldemper vraag..

Posted: Mon May 21, 2012 9:22 am
by 243Songdaug
Cobb

Soos jy s? - kyk net dat die loop nie nou agv die ekstra gewig van die terminator teen die hout van die kolf druk nie en
dan kan jy kyk wat die verskil in POI is met en sonder die KD.

As jy 'n dunner loop op het sal die verskil groter wees as in die geval van 'n dikker/stywer loop.

Ek het myself nou al aangeleer - as ek jakkals gaan skiet met my 243 en die KD moet opkom moet ek die teleskoop 6 klieks opstel om op dieselfde plek te tref as sonder die kd.

Groete.
Songdaug