Page 1 of 1
EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jun 19, 2024 11:01 am
by Forester
Goeie middag,
Dit lyk vir my of die Europese scopes sensitief is vir stres op die buis as die ringe nie 100% in lyn is nie. Die twee opsies wat ek op hierdie stadium oorweeg is EAW of 'n picatinny. Die geweer is 'n CZ 550, dus is die voorkeer vir ringe eerder as die rail. Ek besef dat die voorste brug gedrill en tap moet word vir die EAW mounts wat nie ideaal is nie. Ek weet die picatinny saam met goeie ringe sal maak dat die scope nie onder stres is nie, my vraag is of die EAW mounts dieselfde effek sal hê? Hulle pivot en het 'n windage verstelling. Recknagel is goedkoper, maar het nie die windage verstelling nie.
Ek luister graag na julle opinies en ondervindings.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jun 19, 2024 11:29 am
by alecjohnson
Ek het altwee opsies gebruik, piccatini is hoër as die pivot mount, pivot mount van EAW wonderlik behou zero met op en af, wat piccatini nie doen nie, piccatini bly in area, maar behou nie zero nie.
EAW op CZ se basis is te hoog om visier te gebruik as jy dit afhaal en as dit jou plan is, piccatini ook, en sal jy visier moet laat bou om hoog genoeg te wees.
Watter CZ aksie is dit? ek het piccatini rail, dis vir my te hoog vir my 243/308/30 06 aksie
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jun 19, 2024 12:03 pm
by Forester
Dankie Alec, dit help reeds baie! Ek het gehoop dat 'n mens oopvisier kan gebruik as jy die EAW afhaal. Dit is op 'n magnum aksie.
Die enigste rede hoekom ek huiwerig is oor die picatinny, is omdat dit nie pas op 'n klassieke jaggeweer nie.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jun 19, 2024 12:34 pm
by alecjohnson
Dan het jy net pivot opsie, visier bou het my so 3.5k gekos by Stellenbosh Safari.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jun 19, 2024 11:46 pm
by Boomstomp
Ek het die Recknagel roterende ringe (dink die normale G9) op my Cz550, en ek kan nog my CZ se oopvisiere sien as ek my teleskoop afhaal.
Ek het juis hierdie opsie gevat sodat ek nog die oopvisiere kan gebruik.
Groete
B
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Thu Jun 20, 2024 6:57 am
by Thunderhead
Hi Forester gaan jy ooit die oop visier gebruik? Sit n ordentelike scope op dan hoef jy nie te worry oor daai mounts nie. Ek het paar duur scope sien fail wat EAW tipe mounts op het. My twee groot gewere het ou lynx tipe mounts op. As ek die scope moet afhaal vat ek n munt stuk of screwdriver en haal hom af.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Thu Jun 20, 2024 9:11 am
by Forester
Dankie vir die interessante terugvoer sover. Ek twyfel of ek regtig die oopvisiere gaan gebruik, maar dit is natuurlik lekker om die opsie te hê. Die ander belangrike element van die EAW/Recknagel ringe is die extension op die voorste voet wat meer ruimte gee om die scope te monteer vs "gewone" ringe. Dit is natuurlik iets wat die picatinny ook bied, maar lyk net vreemd op so geweer.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Fri Jun 21, 2024 10:04 pm
by Pappabeer
Hoekom oorweeg jy nie Alaska Arms of Talley nie? Die hele idee van die dovetail op die CZ550 is dat jy nie basisse nodig het nie.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Mon Jun 24, 2024 9:06 am
by Forester
Pappabeer wrote: Fri Jun 21, 2024 10:04 pm
Hoekom oorweeg jy nie Alaska Arms of Talley nie? Die hele idee van die dovetail op die CZ550 is dat jy nie basisse nodig het nie.
Ek het juis met die Alaska Arms ringe begin en was nie gelukkig met hulle nie. Die produk lyk goed, maar werk nie op my geweer nie. Ek dink nogsteeds dat die brûe nie reguit op my geweer is nie.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Thu Jun 27, 2024 4:59 pm
by Pappabeer
Hardloop jy uit clicks uit voor jy zero? Dis n algemene probleem met hulle
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Tue Jul 02, 2024 11:57 am
by Forester
Nee, die clicks is nie die probleem nie, ek kan die geweer zero. Dit lyk vir my of die ringe stres op die buis van die teleskoop sit en maak dit dat dit zero verloor en nie betroubaar is nie. Dalk moet ek eers probeer om die Leupold ringe wat ek het goed te lap.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Tue Jul 02, 2024 1:00 pm
by KaKaTo
Ek het ook n issue gehad op my Brno 601 wat druk agter op die scope gesit het en zero heeltyd verloor het na n goeie lapping was alles gesort.
Re: EAW vs Picatinny
Posted: Wed Jul 03, 2024 4:17 am
by JF123
Ringe "lap" is iets wat deesdae baie skaars is. Sal my nie verbaas as baie probleme juis veroorsaak word as gevolg van ringe wat nie reg oplyn nie.