Page 1 of 1

daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 8:19 am
by cassie_calvinia
het nou net 'n paar skote geskiet, om te kyk of als reg is. sien toe ek skiet bietjie laag. toe ek 2 clicks wil opstel, toe strip die ding. hy draai af, dan hy deg, maar elke keer as ek opdraai...gly hy. dit voel of ek kan skree

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 8:22 am
by Dirkie
Ai cassie..kan dink jy is negetief!!

Nou het jy dam n goeie scope om maan toe te kyk ;D ;D ;D

sterkte!

Groete Dirkie

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 8:23 am
by cassie_calvinia
lynx 8x56ir

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 8:27 am
by cassie_calvinia
ek het dit gedoen, as ek hom vas draai(af stel) dan vat hy. maar, seker 1 draai op, dan gly hy. en dit raak al erger.

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 8:53 am
by James Wilson
naverkope en herstel van Lynx is puik, daai scope sal ek moeite doen as ek jy was om te herstel.

bly maar n gatslag

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 9:35 am
by erx
Hi Cassie

As ek jy is stuur ek hom vir Lynx, hul verbaas jou dalk en herstel dit gratis. Hul naverkope diens is regtig nie sleg nie.
As dit te duur is, dan is dit maar sy einde, jy verloor niks.

Goete
erx

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 9:38 am
by tripodmvr
Het probleme met 'n Lynx 2-7x32 gehad en is kosteloos deur hulle gdiens. By geweerwinkel ingegee en is deur hul rep opgetel en weer by die winkel afgegee.

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 10:08 am
by cassie_calvinia
het klaar met hul gepraat. hul het gese ek kan hom sommer direk stuur.
het nou maar die ou tasco 6x40 worldclass opgesit. dit darm 'n ou staatmaker.

Re: daar #%#@$ my scope

Posted: Thu Feb 23, 2012 6:34 pm
by grumpy
As hy bietjie laag skiet buig net die loop n bietjie op as die scope nie wil stel nie!  ;D ;D  Vorskoon my maar ek is net weer in een van daai moods!!!!!

Maar as jy sukkel los hom so en stuur maar die geweer na my. jy kan n ander een koop met n nuwe scope. Goeie rede om vir mamma te se die gun is in sy m--r!!!