Page 1 of 1

Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 1:24 pm
by JF123
Dagsê mense

Ek kan 55gr Hornady FMJ in die hande kry. Vir die wat hulle self herlaai, hoe lyk die gemiddelde groepering in 'n 8" draai geweer soos 'n Tikka Supervarmint?

Ek weet die koeëls word gereeld gebruik in semi-auto gewere met groot sukses, maar groeperings is so 1.5 tot 2 MOA. Hoe sal dit anders lyk uit 'n slot-aksie geweer waar behoorlike lading ontwikkeling gedoen is?

Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 1:47 pm
by Arnold
Ek verstaan die vraag en luister saam.

Wat sou vir jou aanvaarbare akkuraatheid wees vir n koeëltjie wat minder as R3.50 kos?

Sent from my SM-A528B using Tapatalk


Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 2:26 pm
by snakker
Ek het al met my 22-250 baie mooi groeperings gekry met hulle (maklik sub 0.5moa). Maar hy is stadige twist.. Nie seker of dit verskil gaan maak nie?

Sent from my 22101316G using Tapatalk


Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 3:22 pm
by Ratel
Gaan daai 1 in 8 nie 'n swaarder koeel verkies nie? Dit hang maar seker af vir wat jy dit wil gebruik. Ek laai tans Winchester 55 FMJ vir my 1 in 9 semi auto en het nou die dag 'n tabel gesien op 'n forum waar hulle se die beste is iets in die sestig grein vir daai twist. Ek kon nie swaarder koeels kry teen daai goeie prys nie (R2.60) en skiet nou maar met hulle baan aktiwiteite. Ek lees en leer graag van die die ouens wie weet. In my 1 in 12 slot aksie 223 loop die 55 gr Vmax soos stroop met sub MOA groeperings.

Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 3:32 pm
by Capt. Yoda
Gooi hulle en kyk, die HPBT skiet baie mooi in die groter cals.
Ouens kyk vas in die ouer koels se swakker BC maar Hornady het goeie koele gemaak daar

Worst case verkoop jy hulle oor 7 maande teen R3.80 n koeltjie

Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Mon Jun 03, 2024 4:19 pm
by tripodmvr
'n Stywer groefdraai is daar om langer koeëls te stabiliseer. Dit beteken nie dat so loop die ligter (korter) koeëls nie met presisie gaan skiet nie. My Ruger RPR 243 met 1 in 7.5 groefdraai het al 75Vmax in minder as MOA geskiet.

Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Sun Aug 11, 2024 9:28 pm
by Muishonde
Naand se.
Ek skiet hulle in my 22-250 uit n 1/14 twist teen 3620fps.
Die groepeerings is so 15mm vir 5 skote...maak hulle darm elke keer toe met 1 plakkertjie......en dis minute of makou tot op 400m
Groete Muishond

Re: Hornady .224 FMJ-BT 55gr. Hie sleg kan dit nou eintlik wees

Posted: Sun Aug 11, 2024 10:35 pm
by HunterB
Naand, daar is niks fout met daai punte nie. Ek is wel in die Semi-Auto klas, maar my geweer skiet gemaklik groepe onder n duim.
Die het begin vir so goedkoop as moontlik laai maar steeds akkuraat genoeg om SASRA tot op 400m te kan skiet. Vir die teikens is n “1 gat” groep nie nodig nie maar ek was baie verbaas vir hoe mooi hulle skiet. Ek het net 1 foto van n 3skoot groepering maar ek heg so paar 300m en 400m aan. Alles uit vryhand le met n 10x scope.

55gr Hornady FMJ
Riflex groen
3030fps

Dink hulle kan n man verbaas uit n slotaksie wat reg is
400m
2fd3685d-ed30-4ae4-ae90-c33400256f57.jpeg
300m
c057b2b0-9716-474b-871b-3ad3f1d79500.jpeg
Groepering op 100m
8f10fc02-55f8-4de6-b1c1-ca300b2e5011.jpeg