Page 1 of 1

Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Mon Jun 03, 2024 9:27 am
by Manton
Op pad terug KZN toe verkies ons om ompad te vat en deur Phillipolis te ry - en selfs "n bietjie daar te vertoef , en dalk iets kry om te eet
Las keer het ons een van die omgewing se Boere ontmoet - 'n Mr Jakobsen ( as ek reg onthou )
Hy was trots om vir ons te verduidelik dat hy 'n ware Boerejood was van die plaas Boesmansfontein

Ek het later die plaas se naam gaan opsoek want ek weet Phillipolis is 'n dorp vol geskeidenis
Tot my verbasing ( en plesier ) het ek meer uitgevind as wat ek verwag het ,,, 'n boek ( eintlik twee )

"Queen of the Freestate"
Jennifer Friedman

Onderhoud by LitNet
Queen of the Free State, a memoir
Jennifer Friedman
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624081616
Jennifer Friedman answers Naomi Meyer's questions on Queen of the Free State
https://www.litnet.co.za/queen-free-sta ... -friedman/
Book Review: The Messiah’s Dream Machine
May 17, 2019 southcapenetRegular Columns
Jennifer Friedman
Tafelberg
https://www.thegremlin.co.za/2019/05/17 ... m-machine/

As U enigsins in geskeindenis belangstel - was op ;n dag in Phillipolis- hou van die Vrystaat - geniet 'n persoonlike lewensverhaal
Dan raai ek aan U kry vir Uself die twee boeke
Ek het hulle terdee geniet - alhoewel ek self nie 'n Jood is nie en was nog nie op - Boesmansfontein nie

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Tue Jun 04, 2024 6:00 pm
by Lategan1
Ja dit is jammer dat ons kinders nooit sal begryp wat die positiewe impak van die Jode en Boerejode in die platteland was nie.

Die dae van reisigers wat goedere gesmous het op afgesonderde plase voordat daar teerpaaie in die dorre Karoo was.

Ek het grootgeraak met die laaste generasie van hulle, hul liefde vir die mooie platteland en sy mooi mense kwyn nooit. Hulle liefde vir sport bly my ook by.

Beste.

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Tue Jun 04, 2024 6:08 pm
by Wielie Waps
My skoonma het op Philipolis groot geword.
Haar ma was goeie vriende met die Jacobsons.

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Wed Jun 05, 2024 10:19 am
by Freddie101
Laurens Van der post het ook daar grootgeword. Nou net weer sy boek....Lost world of the Kalahari.... gelees wat handel oor boesmans en ook so bietjie geskiedenis van philipolis in het. Dit is nou uit sy oogpunt. Interressante ou gewees.

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Wed Jun 05, 2024 11:53 am
by Dawie Malan
Laurens was 'n snaakse ou. Die Koningin van Engeland het vir hom'n jong minderjarige meisie na Suid Afrika gestuur om haar touwys te maak oor hoe dinge hier werk en toe maak hy haar swanger. Klink my hy het "touwys" heeltemal verkeerd interpreteer.

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Sun Jun 09, 2024 11:16 am
by Manton
Dawie Malan wrote: Wed Jun 05, 2024 11:53 am Laurens was 'n snaakse ou. Die Koningin van Engeland het vir hom'n jong minderjarige meisie na Suid Afrika gestuur om haar touwys te maak oor hoe dinge hier werk en toe maak hy haar swanger. Klink my hy het "touwys" heeltemal verkeerd interpreteer.
Ek is nie so seker dit was die koningin van Engeland wat die meise gesteur het ?

In elkgeval dalk sal die volgende resensie interessant wees

Storyteller: The Many Lives of Laurens van der Post
Die amptelike biografie deur JDF Jones

https://www.theguardian.com/books/2001/ ... education1

Die dogter van die jong meisie was 'n Cari Mostert

https://www.theguardian.com/world/2001/ ... essathorpe

Re: Phillipolis -Boesmansfontein

Posted: Sun Jun 09, 2024 11:51 am
by Manton