Page 1 of 1

Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Thu May 30, 2024 3:07 pm
by Smitstertjies
Hallo almal.

Hoop dit gaan nog goed hier.

EK het meer as n jaar laas iets gepost. Staan nou met n hoed in die hand en vra hulp. Noudat Strelok nie meer met ons is nie moet ek noodgedwonge AB probeer, maar ek kry not de hel dit reg om die inputs na metrieke eenhede te verander nie. Google gee ook nie antwoorde nie.

EK sal ook graag weer density altitude wil gebruik ipv al die atmosferiese eenhede insit. Is dit moontlik op AB? Op Iphone.

My Strelok was baie fyn getune na hele paar jaar se gebruik, maar nou ja, hier moet ons nou oor begin.

Groetnis

Martin

Re: Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Thu May 30, 2024 3:33 pm
by heywillie
As jy nie regkom met AB nie, probeer SBC of Chairgun.

Re: Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Thu May 30, 2024 4:11 pm
by Vloot
Hello manne,

Oor Strelok.
Ek sien hy is nog beskikbaar op Samsung Store en loop soos stroop.

Dit is net die Amerikaners Apple Store en Google Playstore wat moet boikot.

P.s. jy moet weer betaal R187 vir die Pro weergawe.

Groete,
Vloot

Re: Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Tue Jun 04, 2024 11:43 am
by PaulM
Hi Martin,

Ek gebruik AB op die iPhone.

Regs bo in die hoek van die hoofskerm, waar jy die wapenkeuse maak, is 'n icon (blokkie met 'n pyltjie). As jy daarop druk, kom 'n keuseskerm op
waar jy "Preferences" kan kies. Op daardie "Preferences" blad kan jy kies of jy die afstand-, atmosferiese- en ander eenhede in metrieke of
imperiale eenhede wil sien. 'n Entjie laer is ook 'n keuse of jy "Density Altitude" wil gebruik of nie.

Ek hoop dit help.

Re: Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Tue Jun 04, 2024 12:45 pm
by Ajviljoen260rem
Hier is n paar manne wat strelok al oor gedra het van een iphone na nuwe een sonder enige probleme al is hy nie meer op app store nie.

@heinds kom in!

Hys die boffin hier agter,

Groete

Re: Applied Ballistics Mobile App IOS Metrieke omskakeling

Posted: Tue Jun 04, 2024 12:48 pm
by Heinds
Jy kan wel strelok oordra can een iphone na j ander. Lets wel dat jy n werkende weergawe can strelok op doe ou iphone moet he can waar jy wil oordra. Heel eenvoudig